Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Fugard bring teater nou na jou sitkamer

Teaterliefhebbers kan nou tuis knus onder die kombers regskuif vir gehalte- Suid-Afrikaanse teater in hul eie sitkamer.

Die ikoniese Fugard-teater in Kaapstad het hul digitale platform, The Fugard at Home, bekend gestel. Dit volg midde-in die onsekerheid oor wanneer dit veilig is om teaters vir die publiek oop te stel weens die Covid-19-pandemie.

Die ikoniese Fugard-teater in Distrik Ses, Kaapstad, het ’n aanlyn program bekend gestel, wat twee verfilmde toneelstukke van Athol Fugard insluit. Foto: Timmy Henry

Die teater, wat soos al die ander teaters in Suid-Afrika hul programme vir 2020 moes kanselleer, het in die argief gaan soek na van daardie produksies wat toegejuig is deur hul gehore, en bied nou die verfilmde weergawes daarvan aanlyn by www.thefugard.com aan. Dit is gratis.

Daar is ook ’n inligtingsnaaf waar teaterfoendi’s wat graag op hoogte wil bly van wat op oorsese en plaaslike teaters se stromingdienste beskikbaar is, kan gaan snuffel.

Daar is ’n virtuele toer van die teater se foyer – vir diegene wat verlang na die kuierplek wat altyd so gons vóór en ná vertonings. Daar is ook leesstof oor die Tony-bekroonde Suid-Afrikaanse dramaturg, Athol Fugard, na wie die teater vernoem is, asook meer inligting oor sy meer as 40 toneelstukke in ’n spesiale argief. Nuuskieriges kan ook op die webblad meer lees oor die geskiedenis van die gebou.

*Tans is Fugard se drama The Road to Mecca met Sandra Prinsloo, Marius Weyers en Emily Child beskikbaar. Die stuk is in 2018 opgevoer en het ’n paar Fleur du Cap-benoemings ingeryg. Dit handel oor Helen Martins (1897-1976) van Nieu-Bethesda, wat haar huis omskep het in ’n magiese wêreld met talryke sementbeelde, en wat nou bekend staan as die Uilhuis.

Sandra Prinsloo en Marius Weyers in ’n toneel uit Athol Fugard se ‘The Road to Mecca’. Foto: The Fugard

*Fugard se toneelstuk Master Harold and the Boys is ook nog beskikbaar op openbare aanvraag. Dit is vroeër vanjaar in die teater aangebied met Desmond Dube, Kai Luke Brümmer en Siya Mayola in die rolverdeling. Die speelvak moes vroeër sluit weens die staat van inperking.

*In die vooruitsig op die platform is The Performer Series, wat binnekort opgeneem gaan word in die teater self. Dit behels solostukke, hetsy sang, dans of drama, wat verfilm, geredigeer en dan uitgesaai gaan word. Die mikpunt is om een per week op die platform beskikbaar te stel.

Spesiale aandenkings met die Fugard-teater se kenteken is ook binnekort op die webblad te koop. Spesiale afslag en eksklusiewe aanbiedings geld vir vriende van die teater. Die publiek kan aanlyn op die webblad aansoek doen om ’n vriend van die teater te wees.

*Besoek www.thefugard.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.