Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Fugard-teater kry nuwe hoofbestuurder
Daniel Galloway en Lamees Albertus. Foto: Claude Barnardo

Lamees Albertus, die Fugard-teater in Kaapstad se bestuurder, is tot hoofbestuurder bevorder nadat die teater se uitvoerende hoof, Daniel Galloway, sy bedanking aangekondig het.

Luidens ’n verklaring sal Albertus, tans nog medevervaardiger, vanaf 1 Maart ook die rol van vervaardiger vervul.

“Daniel Galloway laat ’n groot leemte,” sê Albertus in die verklaring. “Wat ’n uitdaging en ’n groot eer. Ek is oorweldig, maar ook opgewonde om dié nuwe rol en geleentheid saam met Greg Karvellas, ons artistieke regisseur, en die ongelooflik passievolle Fugard-span aan te pak.”

Albertus sê sy wil in haar nuwe rol op volhoubaarheid fokus terwyl die teater steeds werk van wêreldklasgehalte lewer; daarby wil sy inklusiwiteit bevorder en veral verseker dat Suid-Afrikaners “ons stories” vertel.

Volgens die verklaring was Albertus die heel eerste persoon wat Galloway aangestel het toe hy byna tien jaar gelede die leisels van die teater oorgeneem het.

“Ek het volle vertroue in Lamees,” sê Galloway in die verklaring. “Ek kan nie trotser wees om die leisels aan haar te oorhandig en te kyk hoe sy in haar nuwe rol by die Fugard met die ondersteuning van die ongelooflike span gedy nie.”

Volgens die verklaring gaan Galloway hom voortaan op vervaardiging toespits. Hy gaan vir die Fugard as konsultantvervaardiger van Athol Fugard en Paula Fourie se jongste toneelstuk optree.

Die stuk sal in April in Stellenbosch op die planke wees, maar meer besonderhede in dié verband word eers later bekend gemaak.

Meer oor:  Teater  |  Fugard-Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.