Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Geliefde Kaapse teater sluit finaal sy deure
Die ikoniese Kaapse teater The Fugard het nou finaal sy deure gesluit.

Die Covid-19-pandemie het uiteindelik veroorsaak dat die ikoniese Fugardteater in Kaapstad sy deure finaal moet sluit.

Eric Abraham, stigter en borg van die teater, het die finale sluiting “met groot hartseer en spyt” in ’n verklaring op die teater se webblad aangekondig.

“Ons is nie oortuig daarvan dat dit in Covid-tyd veilig of finansieel haalbaar is om die teater in die nabye toekoms te heropen nie.”

Luidens die verklaring word die teater weer as ’n werkende teater aan die raad van die Distrik Ses-museum oorhandig.

“Ons hoop dat hulle die teater tot voordeel van die museum en die Distrik 6-gemeenskap kan gebruik.”

Die teater is net meer as tien jaar gelede deur Abraham en Mannie Manim begin om die dramaturg Athol Fugard te huldig en ’n vaste ruimte vir die opvoering van sy toneeltekste in Suid-Afrika te bied.

Die hoofteater in die Fugard-teaterkompleks.

Die laaste opvoering in die teater was ’n produksie van sy Master Harold and the Boys. Benewens talle opvoerings van Fugard se werke soos The Road to Mecca, Statements of an Arrest under the Immorality Act, is nuwe en geskiedkundige musiekspele van David Kramer, soos Langarm en District Six- Kanala, Kat and the Kings en Orpheus in Africa, asook internasionale musiekspele soos Kinky Boots, Cabaret en Funny Girl daar op die planke gebring.

Voorts is internasionale teaterstukke soos The Mother, The Father, Waiting for Godot met sir Ian McKellen hier opgevoer.

Die Courtyard Playhouse en 44 on Long het ook vroeër vanjaar hul deure gesluit. Die restaurantteater Die Boer in Durbanville spartel steeds om sy deure oop te hou.

* Meer inligting word later bygewerk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.