Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Op die verhoog:
Gewaarborg: ’n Vakansie van lekker lag – met Uys

When in Doubt Say Darling

****

Met Pieter-Dirk Uys

Pieter-Dirk Uys is die Mamma Mia! van Suid-Afrika. As jy gaan kyk, weet jy wat jy gaan kry en jy vra vir nog. Jy gaan miskien nie hoogskop en “Fernando” sing nie, maar jy gaan lekker lag.

Maar is daar nog komedie in ’n geplunderde land wat gebuk gaan onder die een slegte koerantopskrif ná die ander? Vertrou die land se top-satirikus om humor tussen die polistireenboksies langs ons hoofpaaie te kry.

Of, soos hy al gesuggereer het: As ’n mens nie lag oor die absurditeit van wat tans gebeur nie, wat gaan jy doen? Huil?

Pieter-Dirk vertel graag hoe toevallig hy die stasie op Darling gekoop het en dit toe in een van die land se mees geliefde teaters omskep het. In hierdie vertoning gesels hy weer op daardie intieme, vriendelike maar skerp bytende satiriese manier van hom oor sy lewe, hoe hy Suid-Afrika beskou, en die (klein?) katastrofes oorleef wat ons daagliks tref.

Min mense kan die neurose wat ons daaglikse bestaan kenmerk so goed satiriseer soos hy, terwyl hy die maniërismes en clichés van ons politici uitstekend naboots, maar altyd met suurbedrupte deernis.

Dis asof jy vir 80 minute met vakansie gaan wanneer Uys ’n gaping in die doringdraad kry wat om ons humor gespan is, en hy die draad oor daardie opening oplig.

Om vandag te oorleef, moet ’n mens grinnik, al is dit met die voorkoms van ’n geraamte se grynslaggende gesig.

Bravo, Pieter-Dirk Uys!

  • By die Fugard Studio-teater, Kaapstad, van 7 tot 25 Augustus.
Meer oor:  Pieter-Dirk Uys  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.