Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Gewilde ‘A Christmas Carol’ weer op die planke

VR Theatrical se gewilde produksie van A Christmas Carol is terug op die planke in Montecasino.

Dié verhoogverwerking van Charles Dickens se klassieke novelle word weer deur net twee spelers in Pieter Toerien se Studioteater tot 6 Januarie opgevoer.

A Christmas Carol
Tiaan Rautenbach in A Christmas Carol. Foto: VR Theatrical

Naret Loots hervat haar rol, maar dié keer vertolk Tiaan Rautenbach die rol van Ebenezer Scrooge, ’n skatryk man wat Kersfees verafsku, wat deur die spook van sy voormalige sakevennoot, sowel as die spoke van Kersfees besoek word.

Jason K. Ralph wat verlede jaar in die produksie was, is nie beskikbaar nie.

“Ons is baie gelukkig om Tiaan te kan hê, want hy vul die rol goed,” sê Elizma Badenhorst, die regisseur.

“Buiten ’n paar klein veranderinge is dié produksie, wat verlede jaar uitverkoop was, nog dieselfde. Ek sou sê ons het sekere dinge net ’n klein bietjie verbeter, maar daar is nog steeds onder meer multimedia, ’n klassieke lied wat die gehoor kan saamsing en verskillende karakters wat vertolk word. ’n Produksie moet groei as jy uit ’n objektiewe oogpunt daarna kyk. Ek reken hierdie klein aanpassings was nodig en ek dink die produksie sien nou beter daaruit. Dit is nogtans dieselfde storie, net met ’n ander baadjie.”

Hoewel dit nie ’n musiekspel is nie, sluit dit nuwe musiek in wat Wessel Odendaal behartig het.

“Dit is ’n produksie vir die hele gesin,” sê Badenhorst, “en Charles Dickens se storie roer my hart. Wat vir my in sy storie uitstaan, is dat ondanks die keuses wat jy in jou lewe gemaak het, is dit nooit te laat om nuwes te maak nie. Verhoudinge van enige aard is belangrik. Jy moet dit koester. Die storie bewys die teendeel van ’n ou hond wat nie nuwe toertjies geleer kan word nie.”

* Die vertonings is Woensdae tot Saterdae om 19:30, met nog ’n Saterdagvertoning om 16:00 en Sondae om 15:00. Kaartjies kos R130 tot R180. Bespreek by Computicket.

Meer oor:  Montecasino  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.