Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
'Giselle' met gebroke hart in Joburgteater
Claudia Monja en Leusson Muniz in Giselle.Foto: Lauge Sorensen

In die balletproduksie Giselle móét die emosie ’n mens beetpak, sê Iain MacDonald, artistieke direkteur van Joburg Ballet, wat dié produksie tot Sondag in die Joburgteater in Braamfontein in Johannesburg opvoer.

“Jy moet ’n sekere verknogtheid voel, want dit is ’n storie oor liefde, wat op sigself ’n tydlose tema is, want verhoudings en gebroke harte is stokoud. Almal raak soms hartseer en dit maak die storie toepaslik, al is Giselle meer as ’n eeu gelede die eerste keer opgevoer. Die balletproduksie is ook vir my emosioneel omdat dit die eerste ballet is waarmee Joburg Ballet in 2001 begin is.”

MacDonald het kragte saamgesnoer met Lauren Slade en die balletvoorligter en voormalige prima ballerina Dawn Weller (tans in Australië gesetel) wat die dansers in die hoofrolle afrig.

Die Johannesburgse Filharmoniese Orkes (JPO) is in die orkesbak.

Dit vertel die verhaal van Giselle, ’n meisie van ’n kleinboerdery, wat vir die slinkse Albrecht, ’n adellike wat hom as ’n arbeider voordoen, se streke val en in die eerste bedryf aan ’n gebroke hart sterf.

In die tweede bedryf besoek Albrecht haar graf om haar om vergifnis te vra en haar gees kom te voorskyn.

Monike Cristina en Ruan Galdino in Giselle.Foto: Lauge Sorensen

Shannon Glover, Claudia Monja, Monike Cristina en die Franse danser Anaïs Chalendard dans die titelrol om die beurt.

Chalendard het vroeër vanjaar haar Suid-Afrikaanse debuut in Joburg Ballet se produksie van The Sleeping Beauty gemaak.

Die rol van Albrecht word afwisselend deur Revil Yon, Leusson Muniz en Ruan Galdino gedans.

“Dit is meer as drie jaar gelede laas opgevoer,” sê MacDonald, “want ons wil ’n verskeidenheid ander werke ook na die planke bring. Dit is effens spookagtig, maar pragtig.”

* Giselle duur tot Sondag.

Vertonings is Woensdag om 11:00, Vrydag en Saterdag om 19:30, en Saterdag en Sondag om 15:00.

Woensdag se vertoning om 11:00 is ook ’n DVD-opname.

Kaartjies kos R110 tot R523. Bespreek by Webtickets.

Meer oor:  Joburg Ballet  |  Iain Macdonald  |  Joburgteater  |  Teater  |  Ballet  |  Giselle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.