Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
‘Green Man’ terug op planke, steeds relevant
David Dennis, Kate Liquorish en Michelle Douglas in Green Man Flashing. Foto: Philip Kuhn

Lank voordat daar sprake was van ’n verkragtingsaak teen oudpres. Jacob Zuma, het die dramaturg Mike van Graan al opspraak gewek met sy politieke riller Green Man Flashing.

Dié stuk, wat van 10 April tot 12 Mei in die Theatre on the Square in Sandton aangebied word met Malcolm Purkey as regisseur, handel onder meer oor ’n politikus wat ’n verkragtingsaak teen hom het.

Dit is in 2004 vir die eerste keer by die Nasionale Kunstefees in Grahamstad opgevoer.

Van Graan sê dit was een van die eerste hoofstroomtoneelstukke wat die status quo bevraagteken het. Dit is geskryf in ’n tyd toe die demokrasie in Suid-Afrika nog jonk was. En dit is geen viering van ’n anti-apartheidsbeweging nie of teater van nostalgie nie.

Hy plaas ook die soeklig op persoonlike en politieke geweld en wat ’n mens in die naam van politiek sal doen om die beste uitweg te verwesenlik.

“Ons wou ook met die stuk moraliteit voorsien. ’n Politikus vertolk ’n belangrike rol.”

Litha Bam en Sechaba Morojele in Green Man Flashing. Foto: Philip Kuhn

In Green Man Flashing is dit ses weke voor Suid-Afrika se tweede demokratiese verkiesing in 1999 en Gaby Anderson, ’n wit assistent van ’n hoëprofielminister, beweer haar baas het haar verkrag.

Volgens van Graan kan jy die beginsels waarop die stuk geskryf is, op ander politieke tydperke ook toepas.

“Dit is nou sowat 14 jaar sedert dit die eerste keer opgevoer is. Soveel dinge het verander. Toe die teks geskryf is, was Zuma nog nie eens die president nie. Nou is hy ook nie meer in ’n magsposisie nie. Tog kan ’n mens steeds sekere goed daarin raaklees en interpreteer.

“Ek het nog nooit gevoel ek wil iets daaraan verander of aanpas nie, want dit wat in die teks ter sprake kom, is nog vandag toepaslik.”

Die spelers is Litha Bam, Michelle Douglas, Kate Liquorish, Sechaba Morojele en David Dennis.

* Dinsdae tot Saterdag om 20:15, met nog ’n Saterdag-vertoning om 18:00. Kaartjies kos R75 tot R150. Bespreek by Computicket.

Meer oor:  Teater  |  Sandton  |  Politiek  |  Drama
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.