Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
‘Groet die grotman 2’ Sondag virtueel aangebied

Terwyl teaters se deure steeds toe staan en virtuele vertonings nie juis die geld laat inrol nie, word die gewilde solostuk Groet die grotman 2 Sondag die tweede keer in Lefra Produksies se virtuele reeks Kelderkonserte aangebied.

Wynand van Vollenstee in ‘Groet die grotman 2’. Foto: Rina G Coetzee

“Omdat Groet die grotman 2 so gewild is en omdat daar streng kopieregte bestaan, het ons dit nog net een keer verlede jaar aanlyn aangebied,” sê Frans Swart, bestuurshoof van Lefra Produksies wat dié stuk met Wynand van Vollenstee aanbied.

“Die produksie het die land vol getoer, want dit is natuurlik eerstens ’n teaterproduksie. Ons het egter met die aanlyn vertoning probeer om dié opname so na as moontlik aan die teatervertoning te hou.”

Swart sê die Kelderkonserte het die Lefra Produksies verlede jaar tot in Augustus finansieel gedra.

“Daarna kon ’n mens amper ’n 80%-afname in besprekings sien. Ons het egter ’n ander voordeel van ons Kelderkonserte ontdek omdat ons besluit het om elke Sondag om 17:00 ’n konsert te hou en mense wat nie altyd naby ’n teater is nie, kan nou ook ons produksies sien. Mense in die buiteland kyk ook dikwels na ons Afrikaanse teaterproduksies.”

Van Vollenstee, wat ook in reekse soos Ouboet en Wors en Huis Lelieveld te sien was, sê Groet die grotman 2 vat die verskille tussen mans en vroue raak.

“Dis vir my elke aand lekker om te sien hoe die man vir die vrou ’n stampie gee en hoe mevrou weer vir meneer ’n hou in die ribbes gee as daar temas aangeraak word wat getroude paartjies so goed ken. Hoewel Grotman eerstens ’n teaterproduksie is, is daar ook ’n bietjie ruimte vir stand-up comedy. Ek lees my gehore elke aand en dan is dit lekker om sommer iets uit die heup te skiet, wat gehore natuurlik vreeslik geniet!”

• Die vertoning begin Sondag om 17:00. Dit het ’n ouderdomsbeperking van 16. Daar is geen heruitsending nie. Kaartjies kos R180. Bespreek by iTickets of bel 011 815 3000 om te bespreek.

Meer oor:  Johannesburg  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.