Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Groot passie om mense te laat lag

Loané van Sandwyk het verlede jaar haar eerste eenvroukabaret by die Vrystaat Kunstefees aangebied en het pas haar eerste album, Knoffelbroodjie, opgeneem.

“My nuwe album gee nuwe betekenis aan die woord diversiteit,” sê Van Sandwyk. “Dis ’n mengelmoes van komiese liedjies, storievertellings en dieper liedjies oor die wel en wee van die lewe.”

Verskillende musiekgenres word op Knoffelbroodjie ingesluit en volgens Van Sandwyk kan die liedjies ’n mens laat lag, jou inspireer of in sommige gevalle jou voete aan die beweeg kry.

Loané van Sandwyk het pas haar eerste album, Knoffelbroodjie, opgeneem. Sy hou op 2 September konsert in die Pierneef-teater. Foto: Anja Aucamp

Van Sandwyk het drama aan die Universiteit van die Vrystaat studeer voordat sy ’n honneursgraad in kabaret aan die Universiteit Stellenbosch voltooi het. Hierna het sy met haar eenvroukabaretstukke begin. Behalwe vir Dis nie ek nie, dis jy wat sy by die Vrystaat Kunstefees opgevoer het, het sy ook vanjaar in Die Hammers verskyn.

Die Hammers vertel die storie van die Hammer-gesin en ek vertolk die rolle van die ouma, pa, ma en die twee susters,” sê Van Sandwyk. “Die stuk is ’n komiese blik op die onsekerhede wat mense moet oorkom.”

Iets anders waarmee Van Sandwyk haarself besig hou, is wat sy noem “motiveringskabarette”.

“Met ’n motiveringskabaret bied ek ’n kort stuk van sowat 15 minute by ’n skool aan waarna ek met die leerlinge praat,” sê Van Sandwyk. “Soms lewer ek ook hierdie stukke by vroueoggende.”

Van Sandwyk het al in 2010 haar eie liedjies begin skryf. Sy begelei haarself op die klavier, kitaar, trekklavier of ukulele. Die meeste van haar liedjies het ’n komiese aanslag en van hulle sing sy in karakter.

“Verlede jaar was ek ’n finalis in die ATKV Crescendo-liedjieslypskool-mentorprogram en het baie daaruit geleer,” sê Van Sandwyk. “Ek het pas al die liedjies vir Knoffelbroodjie klaar opgeneem. Sowat 60% van die liedjies wat ingesluit is, het ’n komiese aanslag.”

Van Sandwyk is ’n behoorlike sosiale vlinder en het meer as 70 000 mense wat haar op Facebook volg. Voorts bedryf sy die YouTube-kanaal “Die dinge van die lewe”.

“My groot passie is om mense te laat lag,” skerts Van Sandwyk. “Ek glo die Here gebruik lag om ons nuwe perspektief op die lewe te gee.”

  • Van Sandwyk hou op 2 September konsert in die Pierneef-teater. Die opvoering begin om 15:00 en kaartjies kos R70. Stuur ’n e-pos aan info@pierneefteater.co.za of skakel 012 329 0709 om meer uit te vind of om kaartjies te koop.
Meer oor:  Vrystaat Kunstefees  |  Teater  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.