Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Groot planne om Broadway te heropen
Mense wag in dié argieffoto in die ry om die musiekspel Wicked op Broadway te sien. Foto: Getty Images

Verpligte inentings en weeklikse toetsing van werkers is van die planne wat goedgekeur is in ’n ooreenkoms tussen die Amerikaanse akteursvakbond die Actors’ Equity en die vervaardigersliggaam Broadway League, vir die veilige heropening van teaters op Broadway in New York.

Dit volg nadat die teaters al langer as 15 maande in donkerte gehul is en derduisende akteurs sonder ’n inkomste gelaat is weens die koronaviruspandemie.

Volgens Broadwayworld volg dié nuus na die bekendmaking dat repetisies pas begin het vir die toneelstuk Pass Over, in die August-teater in die gewilde teaterdistrik, wat voor die pandemie deur derduisende teaterliefhebbers besoek is.

Volgens ’n artikel in Wall Street Journal is daar in die teaterseisoen van 2018 tot 2019 meer as 14 miljoen kaartjies verkoop en is nagenoeg $1,8 miljard verdien uit 1,737 opvoerings. Sover het nagenoeg 40 musiekspele en toneelstukke se vervaardigers openingsdatums vir later in 2021 bekend gemaak. Dit is die langste tydperk in die geskiedenis van Broadway dat teaters gesluit is.

Volgens die ooreenkoms is inenting verpligtend vir akteurs, musikante en tegniese personeel tensy daar uitsonderings is wat betref ouderdom of risiko’s vir die werker se gesondheid. Werknemers gaan weekliks getoets word, daar word ruimte gelaat vir individuele vertonings of opvoerplekke. Toetse word gratis gedoen. Daar is ook reëls neergelê, wat ’n kwarantyntydperk of dae van isolasie insluit, in geval van ’n positiewe toets.

Die Amerikaanse federasie van musikante van Amerika en Kanada (AFM) sê in ’n verslag benewens die verpligte inentings, is daar ook streng bepalings neergelê wat onder meer insluit dat die orkespit van al die plekke waar produksies opgevoer word, behoorlik geventileer moet wees.

Dit volg ná die bekendmaking dat die musiekvertoning Wicked, die eerste Broadwayproduksie is wat nasionaal gaan toer van 3 Augustus af. Die hele orkes is reeds ingeënt en so ook die akteurs.

“Dit is ’n belangrike mylpaal wat die weg baan om ons lede veilig terug te kry by die werk,” het Mary McColl, uitvoerende hoof van die Actors’ Equity Association aan Broadwayworld gesê.

“Ons is dankbaar teenoor die League vir hul vennootskap in die neerlê van die maatreëls. Ons glo die plan is sterk en aanpasbaar vir veranderende omstandighede en in voeling met die wetenskap. Die entstof werk en diegene wat ingeënt is, sal hulself beskerm.”

The Lion King, het op 29 Julie weer aan die West End in Londen geopen. Die musiekspel in die Lycem-teater was voor die pandemie die beste verkoper aan die West End en die speelvak duur al 22 jaar. Meer as 16 miljoen mense het dit al gesien.

Janique Charles, wat die rol van die ma-leeu Nala vertolk, het aan die PA-nuusagentskap gesê sy is oorstelp. “Dit was so ’n lang tyd. Ek raak emosioneel. As julle na die vertoning kom kyk, is dit die tipe energie wat julle gaan beleef.” Die vertoning het in Maart 2020 gesluit. Vertonings het reeds in Mei begin open in die West End maar van die produksies moes dan weer sluit weens positiewe gevalle onder die rolverdeling of tegnici. Die première van Andrew Lloyd Webber se langverwagte Cinderella is nou op 18 Augustus.

- saamgestel deur Laetitia Pople uit artikels in Broadwayworld, The Wall Street Journal en die PA-nuusagentskap

Meer oor:  Koronavirus  |  Teater  |  Pandemie  |  Heropen  |  Broadway  |  West End
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.