Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Grotman-berading, 20 j. later

Dit is 20 jaar later. Grotman en Elize is steeds gelukkig getroud . . . of is hulle? Die kinders is tieners, met hul eiesoortige uitdagings. Jip, die verskille tussen mans en vroue is steeds daar, want mans is mos van Mars en vroue van Venus.

In Groet die Grotman 2 verruil Grotman eersdaags sy rookseine vir WhatsApp-boodskappe, e-pos, iPhones, Facebook, Twitter en aanlyn konserte.

Frans Swart, skepper en regisseur van Groet die Grotman 2, beskryf die produksie as huweliksberading op ’n komiese wyse. ’n Nuwe teks wat splinternuwe aksies tot gevolg het, is geskryf en Swart beloof dat mans en vroue weer heerlik vir mekaar en vir hulself sal lag.

Vandeesmaand is Grotman (Wynand van Vollenstee) terug op die planke in Groet die Grotman 2.

Die skreeusnaakse Wynand van Vollenstee vertolk die hoofrol. Fliekgangers sal hom onthou as Kallie in die rolprent Karate­ Kallie, Bennie in Platteland en die braaivleisman in Superhelde. TV-kykers sal hom herken as Gielie in Ouboet en Wors.

Die oorspronklike Groet die Grotman hou steeds die rekord as die Afrikaanse teaterproduksie met die meeste vertonings oor die langste tyd.

Groet die Grotman 2 is op 17 Desember 19:00 in die Atterbury-teater in Pretoria te sien. Kaartjies kos R265. Bespreek by itickets.co.za.

Wen kaartjies na Groet die Grotman 2

Drie lesers kan elkeen ’n dubbelkaartjie na Groet die Grotman 2 by die Atterbury-teater op 17 Desember wen. Al wat jy moet doen, is om “Wen Grotman Atterbury”, jou naam, van en e-posadres na 43366 te SMS.

Wenners sal per e-pos gekontak word en die beslissing van die organiseerders is finaal. Standaard-SMS-tariewe geld.

Meer oor:  Produksie  |  Teater  |  Kaartjies  |  Berading
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.