Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
‘Hadestown’ raap meeste Tony-pryse op
Patrick Page en Amber Gray in die musiekspel Hadestown wat die meeste Tony-teaterpryse losgeslaan het.

n Moderne, musikale verwerking van die mite van Orfeus en Euridike, Hadestown: The Myth, het skoonskip gemaak op die 73ste Tony-toekenningsaand in New York.Dié antieke Griekse mite handel oor die held Orfeus wat na die doderyk reis om sy geliefde, Euridike, te gaan haal. In dié weer­gawe speel dit af in die jare van die Groot Depressie in Amerika.Dit het agt pryse ingehark op die glansaand, wat prestasie op Broadway-verhoë beloon.

Die pryse is oorhandig in die Radio City Music Hall in New York met James Corden as aanbieder.Hadestown het 14 benoemings ontvang, maar het weggestap met pryse vir onder meer die beste musiekspel, beste klankbaan, beste orkestrasie en beste regie van ’n musiekspel.Die toneelstuk The Ferryman het vier pryse gewen, wat onder meer beste toneelstuk en beste regisseur (Sam Mendes) insluit. Die gesinsdrama handel oor ’n eertydse aktivis vir die Ierse Republikeinse Leër gedurende die konflik in Noord-Ierland wie se verlede hom inhaal.The Boys in the Band het die prys vir die beste herlewing van ’n toneelstuk losgeslaan. Die stuk handel oor ’n klompie gay vriende wat saamkom om ’n vriend se verjaardag vier. Nadat die voggies gevloei het, word hul vriendskapsbande getoets met verreikende gevolge.Hoewel verskeie teaterkritici verwag het dat die stuk The  Waverly Gallery die prys sou ontvang het, het Elaine May wel vir haar rol die prys as die beste aktrise in ’n toneelstuk ontvang.

Van die ander wenners is:Beste herlewing van ’n musiekspel: Oklahoma!

Beste akteur in ’n musiekspel: Santino Fontana in Tootsie

Beste aktrise in ’n musiekspel: Stephanie J. Block in

The Cher Show

Beste glansspelerakteur in ’n musiekspel: André De Shields in

Hadestown

Beste glansspeleraktrise in ’n musiekspel: Ali Stroker in Oklahoma!

Beste choreografie: Sergio Trujillo vir

Ain’t Too Proud 

Beste teks van ’n musiekspel Tootsie, Robert Horn

Beste kostuumontwerp in ’n musiekspel:

The Cher Show, Bob Mackie

Beste herlewing van ’n toneelstuk:

The Boys in the Band

Die toneelstuk The Ferryman is as die beste toneelstuk aangewys.

Beste akteur in ’n toneelstuk: Bryan Cranston in Network

Beste aktrise in ’n toneelstuk: Elaine May in

The Waverly Gal­lery

Beste mansglansspeler in ’n toneelstuk: Bertie Carvel in

Ink

Beste vroueglansspeler in ’n toneelstuk: Celia Keenan-Bolger in

To Kill a Mockingbird

Beste kostuumontwerp in ’n toneelstuk:

The Ferryman, Rob Howell

Beste beligtingsontwerp van ’n toneelstuk:

Ink, Neil Austin

Beste toneelontwerp in ’n toneelstuk:

The Ferryman, Rob Howell

The Boys in the Band het die prys vir die beste herlewing van ’n toneelstuk gewen.

Beste klankontwerp in ’n toneelstuk: Choir Boy, Fitz Patton

Meer oor:  Teater  |  Broadway
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.