Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
‘Hadestown’ vir 14 Tony-pryse benoem

Die musiekspel Hadestown is met 14 benoemings die voorloper in die 73ste Tony-teaterpryse.

Patrick Page en Amber Gray in die musiekspel Hadestown wat 14 benoemings ontvang het.

Dit word op 9 Junie in die Radio City Music Hall in New York met James Cordon as aanbieder gehou.

Hadestown kom uit die pen van die sanger en liedjieskrywer Anaïs Mitchell waarmee sy ook haar Broadway-debuut gemaak het.

Dit vervleg die mites van Orpheus, Eurydice, Hades en Persephone.

’n Verhoogverwerking van Harper Lee se Pulitzer-bekroonde roman To Kill a Mockingbird het ook benoemings ontvang sowel as ’n herlewing van Arthur Miller se toneelstuk All My Sons.

Die Hollywood-akteurs Jeff Daniels en Annette Benning het ook benoemings ontvang.

Benning is vir haar rol in All My Sons benoem en Daniels vir sy rol in To Kill a Mockingbird.

Die regisseur Sam Mendes, bekend om rolprente soos American Beauty, Road to Perdition en die James Bond-rolprente Skyfall en Spectre, is benoem as beste regisseur vir die toneelstuk The Ferryman.

Verwerkings van die rolprente Tootsie en Beetlejuice is ook as beste musiekspel benoem, sowel as Ain’t Too Proud, die blêrkasmusiekspel wat rondom die musiek van die groep Temptations draai.

Die Tony-pryse vereer produksies wat gedurende 2018 tot 2019 opgevoer is.

Die wenners sal deur 831 lede van die Broadway-gemeenskap aangewys word.

Die volledige lys benoemings:

Hadestown
Anaïs Mitchell Foto: Jay Sansone

Beste musiekspel

Ain’t Too Proud

Beetlejuice”

Hadestown

The Prom

Tootsie

Beste herlewing van ’n musiekspel

Kiss Me, Kate

Oklahoma!

Beste akteur in ’n musiekspel

Brooks Ashmanskas in The Prom

Derrick Baskin in Ain’t Too Proud

Alex Brightman in Beetlejuice

Damon Daunno in Oklahoma!

Santino Fontana in Tootsie

Jeff Daniels

Beste aktrise in ’n musiekspel

Stephanie J. Block in The Cher Show

Caitlin Kinnunen in The Prom

Beth Leavel in The Prom

Eva Noblezada in Hadestown

Kelli O’Hara in Kiss Me, Kate

Beste glansspeler akteur in ’n musiekspel

Andre De Shields in Hadestown

Andy Grotelueschen in Tootsie

Patrick Page in Hadestown

Jeremy Pope in Ain’t Too Proud

Ephraim Sykes in Ain’t Too Proud

Beste glansspeler aktrise in ’n musiekspel

Lilli Cooper in Tootsie

Amber Gray in Hadestown

Sarah Stiles in Tootsie

Ali Stroker in Oklahoma!

Mary Testa in Oklahoma!

Beste regisseur van ’n musiekspel

Rachel Chavkin in Hadestown

Scott Ellis in Tootsie

Daniel Fish in Oklahoma!

Des McAnuff in Ain’t Too Proud

Casey Nicholaw in The Prom

Annette Benning

Beste choreografie

Camille A. Brown in Choir Boy

Warren Carlyle in Kiss Me, Kate

Denis Jones in Tootsie

David Neumann in Hadestown

Sergio Trujillo in Ain’t Too Proud

Beste teks van ’n musiekspel

Ain’t Too Proud

Beetlejuice

Hadestown

The Prom

Tootsie

Harper Lee, skrywer van die roman To Kill a Mockingbird.

Beste oorspronklike klankbaan

Be More Chill

Beetlejuice

Hadestown

The Prom

To Kill a Mockingbird

Tootsie

Beste orkestrasie

Ain’t Too Proud

Hadestown

Kiss Me, Kate

Oklahoma!

Tootsie

Beste kostuumontwerp in ’n musiekspel

Ain’t Too Proud

Beetlejuice

The Cher Show

Hadestown

Tootsie

Beste beligtingsontwerp in ’n musiekspel

Ain’t Too Proud

Beetlejuice

The Cher Show

Hadestown

King Kong

Beste toneelontwerp in ’n musiekspel

Ain’t Too Proud

Beetlejuice

Hadestown

King Kong

Oklahoma!

Beste klankontwerp in ’n musiekspel

Ain’t Too Proud

Beetlejuice

Hadestown

King Kong

Oklahoma!

Beste toneelstuk

Choir Boy

The Ferryman

Gary: A Sequel to Titus Andronicus

Ink

What the Constitution Means to Me

Die dramaturg Arthur Miller, skrywer van All My Sons.

Beste herlewing van ’n toneelstuk

All My Sons

The Boys in the Band

Burn This

Torch Song

The Waverly Gallery

Beste akteur in ’n toneelstuk

Paddy Considine in The Ferryman

Bryan Cranston in Network

Jeff Daniels in To Kill a Mockingbird

Adam Driver in Burn This

Jeremy Pope in Choir Boy

Beste aktrise in ’n toneelstuk

Annette Bening in All My Sons

Laura Donnelly in The Ferryman

Elaine May in The Waverly Gallery

Janet McTeer in Bernhardt/Hamlet

Laurie Metcalf in Hillary and Clinton

Heidi Schreck in What the Constitution Means to Me

Beste manlike glansspeler in ’n toneelstuk

Bertie Carvel in Ink

Robin De Jesús in The Boys in the Band

Gideon Glick in To Kill a Mockingbird

Brandon Uranowitz in Burn This

Benjamin Walker in All My Sons

Beste vroulike glansspeler in ’n toneelstuk

Fionnula Flanagan in The Ferryman

Celia Keenan-Bolger in To Kill a Mockingbird

Kristine Nielsen in Gary: A Sequel to Titus Andronicus

Julie White in Gary: A Sequel to Titus Andronicus

Ruth Wilson in King Lear

Beste regisseur van ’n toneelstuk

Rupert Goold, Ink

Sam Mendes, The Ferryman

Bartlett Sher, To Kill a Mockingbird

Ivo van Hove, Network

George C. Wolfe, Gary: A Sequel to Titus Andronicus

Beste kostuumontwerp in ’n toneelstuk

Bernhardt/Hamlet

The Ferryman

Gary: A Sequel to Titus Andronicus

To Kill a Mockingbird

Torch Song

Beste beligtingsontwerp van ’n toneelstuk

The Ferryman

Gary: A Sequel to Titus Andronicus

Ink

Network

To Kill a Mockingbird

Beste toneelontwerp in ’n toneelstuk

The Ferryman

Gary: A Sequel to Titus Andronicus

Ink

Network

To Kill a Mockingbird

Beste klankontwerp in ’n toneelstuk

Choir Boy

The Ferryman

Ink

Network

To Kill a Mockingbird

Meer oor:  Jeff Daniels  |  Teater  |  Broadway  |  Sam Mendes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.