Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Hannes Brümmer voel ‘Amper oud’

Die akteur en komediant Hannes Brümmer besef op 41 kan hy nie meer teen mure uitklouter nie, maar hy is darem nog ver van oor die muur.

Daarom noem hy sy nuwe solostuk Amper oud.

Hannes Brümmer

Dit word Sondag as deel van Lefra Produksies se reeks Kelderskonserte gestroom.

“Nou terwyl ons praat, voel ek darem nie oud,” sê Brümmer.

“Maar ek merk tog soms ’n paar skete op. Met ’n vertoning is daar soveel adrenalien dat jy in die oomblik daarvan vergeet. Die volgende oggend is jy egter deeglik bewus daarvan.”

Amper oud is vanjaar as ’n toetslopie op die US Woordfees in Stellenbosch opgevoer.

“Ek dink nou dat daar aan die produksie geskaaf is, kom dit eers tot sy reg. Ek het die regte perspektief en ek weet wat ek wil sê.”

Hy stem nie heeltemal saam met die uitdrukking “die lewe begin op 40” nie.

Hannes Brümmer voel ‘Amper oud’

“Ek dink eerder ’n ander lewe begin op 40. Dit is ook maar net ’n nuwe fase in ’n mens se lewe. Dit is beslis ’n tyd waarin jy jouself wil herskep. ’n Mens kyk nou met groter insig terug na jou eerste 40 jaar. Maar jy voel ouer, mense begin my al ‘oom’ noem.”

Hy hoop mense wat na die konsert kyk, sal hulle vereenselwig met wat hy wil deel.

Stand-up is ’n baie eerlike medium, jy deel tog ’n ervaring of perspektief wat mense begryp. Hulle herken dit. Daarom mis ek ’n gehoor vreeslik, want hul reaksie is interessant. Die grootste deel van die vertoning is gestruktureer. Dit is maar ’n bietjie van ’n rol wat jy vertolk. Jy het ’n natuurlike gesprek op die verhoog, maar dis tog ’n persona. Dis wel ek, maar ek sê dinge op die verhoog wat ek nie noodwendig in beleefde geselskap sal sê nie.”

Soms gebeur iets onverhoeds.

“En dan hoop ek net terwyl ek optree om só ’n kwinkslag te onthou as dit goed gewerk het.”

Amper oud word Sondag om 17:00 gestroom.

Bespreek by iTickets.

• Een leser kan toegang tot Amper oud wen.

Stuur ’n SMS na 43366 met: WEN AMPER OUD NETWERK24, jou naam en van en jou stad of dorp.

Of stuur ’n e-pos na wen@lefra.com. (Sluit jou selfoonnommer in die e-pos in.) Die kompetisie sluit Vrydag om 13:00. Wenners sal telefonies gekontak word.

Meer oor:  Lefra Produksies  |  Komediant  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.