Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Hier dreig 'n klimaatkrisis

’n Dreigende apokaliptiese klimaatkrisis demp ’n vrolike hennepartytjie in die toneelstuk Becky, Please Turn off the Lights wat tot Sondag in die Popart-teater in Johannesburg te sien is.

“Die storie is eintlik ’n metafoor vir hierdie groot krisis wat bykans op ons voorstoep staan,” sê die regisseur Roberto Pompo oor dié debuutproduksie.

Roberto Pompo
Denel Honeyball, Lisa Derryn Overy en Hayleigh Evans in 'Becky, Please Turn off the Lights'.

Hy en die drie spelers, Lisa Derryn Overy, Hayleigh Evans en Denel Honeyball, het saam die teks geskep.

“Becky is ’n slengwoord vir ’n wit, welgestelde meisie,” sê Pombo.

“En hierdie drie wit meisies gaan uit vir ’n aand van plesier in ’n hotel met baie verdiepings.”

Absurde en groteske situasies volg.

Die titel verwys ook na klimaatsverandering en die gebruik van ligte wat vir ’n sekere tydperk afskakel.

“Die storie raak donkerder soos die stuk vorder, maar nie die meisies nie. Hulle neem nog steeds selfies terwyl die chaos rondom hulle al erger word. Die vraag is of hulle die aand sal oorleef. Dis eintlik ’n baie ernstige, kommerwekkende onderwerp wat ’n jukstaposisie met die vrolike samesyn van hierdie materialistiese meisies lê.”

Pombo beplan om die stuk elders te neem, maar volgende optredes is nog nie bevestig nie.

* Vertonings is Donderdag tot Saterdag om 20:00 en Sondag om 15:30. Kaartjies kos R120 aanlyn en R140 by die deur. Besoek popartcentre.co.za om te bespreek.

Meer oor:  Maboneng  |  Klimaatkrisis  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.