Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Hier stroom die giggels sonder ophou

Die komediant Alan Committie se alter-ego Johan van der Walt maak ná ’n lang stilte ’n gasverskyning in die Committie se tweede virtuele konsert, Streaming with Laughter.

Dit word Saterdag om 19:00 aangebied.

Alan Committie

Van der Walt, ’n deeltydse veiligheidswag, gaan vertel waarom hy nie Covid-19 kan opdoen nie en waarom hy aanvanklik gesukkel het om ’n masker te dra.

“Hy is nie die enigste mens wat ’n verskyning maak nie,” sê Committie oor die konsert waarin nuwe sowel as ouer sketse uit ’n loopbaan uit sy 23 vorige komedievertonings gebruik word.

“Rob van Vuuren, Greg Karvellas en JP Duminy gesels saam. Hulle het reeds hul insetsels verfilm.”

Die konsert sal ook ’n klein gehoor hê.

“Ek mis dit om voor ’n gehoor op te tree. Daar sal so 20 stuks mense in die gehoor wees. Daar is sekere dinge wat dieselfde is wanneer jy ’n konsert virtueel aanbied, maar ’n mens kry lekker energie uit die gehoor.”

Die konsert bestaan ook uit ’n dansvertoning en ’n lofgedig vir Suid-Afrika.

“ ’n Mens het nogal pret op stel as ’n klomp snaakse mense saam in een vertrek is. ’n Mens verlig eintlik die spanning. Daar is ’n wonderlike energie.”

* Die konsert duur 65 minute. Die konsert sal drie dae lank beskikbaar wees nadat jy bespreek het. Kaartjies kos R80. Besoek quicket.co.za om te bespreek.

Meer oor:  Komedie  |  Komediant  |  Teater  |  Konsert
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.