Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Hou oog op die bal met dié moord op die setperk

Johannesburgers kry Donderdag ’n kans om die bekroonde solostuk Moord op die 8ste gat vir ’n eenmalige vertoning te sien.

Augusta Zietsman in ‘Moord op die 8ste gat’.Foto: Blyde Smit

Dié donker komedie, wat vanjaar by twee feeste bekroon is, word in die Dunkeldteater in Rosebank opgevoer.

Onder in Augusta Zietsman se teks draai die duiwels lustig rond. Sy tree self in die produksie op.

“Dit het begin as ’n bietjie van ’n whodunnit,” sê Zietsman, wat ook ’n produksiekoördineerder is.

“Dit speel af op ’n gholflandgoed en daar word ’n bietjie onder die oppervlak gegrawe. Die verteller van die verhaal gaan egter ’n bietjie misleidend te werk . . .”

Dit handel oor drie vroue wat op die Kalagarie-gholflandgoed bly, hul verhoudings en ’n moord.

“Dinge lyk van buite af so volmaak, maar dit is nie altyd die geval as ’n mens na binne kyk nie. Ek is my lewe lank deur sterk vroue omring, so ek vind nogal aanklank daarby om oor vroue te skryf. Ek oorweeg dit om met hierdie stuk na klein dorpies te toer. Die stel pas in my motor.”

Die produksie met regie deur Regardt Visser, het die Aktiveer-prys op die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom sowel as die Uitblinker-prys vir beste nasionale produksie op die Vrynge by die Vrystaat-kunstefees in Bloemfontein losgeslaan. Die produksie word ook volgende jaar by die US Woordfees in Stellenbosch opgevoer.

Intussen skryf Zietsman aan ’n nuwe teks wat nog nie ’n titel het nie.

“In hierdie bedryf probeer ’n mens soveel as moontlik doen en jy wil aanhou werk. Daar is ook ’n nuwe produksie deur Regart, Tekoma Laan, waarin ek gaan optree. Dit sal by die Vrystaat-kunstefees se Vrynge debuteer.”

* Moord op die 8ste gat se vertoning in die Dunkeldteater begin om 20:00. Kaartjies kos R100. Stuur ’n e-pos na bespreeknou@gmail.com om te bespreek.

Augusta Zietsman is die skrywer van die solostuk ‘Moord op die 8ste gat’. Foto: Blyde Smit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.