Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Hulle is benoem vir gesogte Fiëstas
Antoinette Kellermann is as beste aktrise vir haar spel in Koningin Lear benoem en Anna-Mart van der Merwe is ook as beste byspeler benoem. Neels van Jaarsveld kyk toe. Foto: Nardus Engelbrecht

Marthinus Basson se Koningin Lear, die kroon van vanjaar se teaterervarings, het nege Fiësta-benoemings ingeryg, ook staan Christo Davids se drama Queenie-hulle sterk met sewe benoemings, terwyl Brett Bailey se musiekspel Samson en Nico Scheepers se vertaalde drama Tien duisend ton elk vyf benoemings losgeslaan het.

Die operasanger Pretty Yende se jonger suster Nombulelo Yende is as beste opkomende kunstenaar benoem, en die produksie Eet Kreef!, wat Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band se seminale album gedenk, is as beste musiekgedrewe produksie op ’n podium benoem. Antjie Krog het ’n benoeming in die koker vir haar vertaling van Tom Lanoye se Koningin Lear.

In 2020 vier die Fiësta-toekennings, wat prestasies op die land se ses kunstefeeste vereer, sy tienjarige bestaan. Dit is die eerste keer in 2010 begin as ’n kykNET-inisiatief om die beste werke en almal wat in ’n betrokke feesjaar daarby betrokke is te vereer. Net debuutproduksies op die land se ses grootste vervaardigende Afrikaanse kunstefeeste in die land – die US Woordfees, die KKNK, Suidoosterfees, Innibos, Vrystaat Kunstefees en Aardklop – kom in aanmerking vir dié gesogte pryse.

Wenners word vanjaar in 19 kategorieë aangewys. Benewens die 17 kategorieë hieronder is daar ’n Fiësta-prys vir Fees van die Jaar waar die wenner deels deur die publiek bepaal word. Die Blou Fiësta, die prys wat vir ander sonderlinge prestasies gegee word, word ook op die aand van die toekennings aangekondig.

Hiermee die benoemdes:

Beste akteur

Albert Pretorius – Tien duisend ton

André Roothman – Koningin Lear

Brendon Daniels – Queenie-hulle

Laudo Liebenberg – Katvoet

Beste aktrise

Antoinette Kellermann – Koningin Lear

Cintaine Schutte – Tien duisend ton

Jill Levenberg – Queenie-hulle

Tinarie van Wyk Loots – Katvoet

Beste manlike byspeler

Edwin van der Walt – Koningin Lear

Jaques de Silva – Queenie-hulle

Marius Weyers – Katvoet

Wilhelm van der Walt – The Borrow Pit

Beste vroue-byspeler

Anna-Mart van der Merwe – Koningin Lear

Devonecia Swartz – Jakkals en Wolf Onbeperk

Nicola Hanekom – Be(t)roudag

Rolanda Marais – Koningin Lear

Beste regie

Brett Bailey – Samson

Christo Davids – Queenie-hulle

Marthinus Basson – Koningin Lear

Nico Scheepers – Tien duisend ton

Beste teaterontwerp

Brett Bailey (kostuums) – Samson

Brett Bailey en Tanya P. Johnson (kunswerke en ontwerp) – Samson

Marthinus Basson (teaterontwerp) – Koningin Lear

Wolf Britz (stel- en beligtingsontwerp) – Statements Ater an Arrest Under the Immorality Act

Beste spel in ’n solo-vertoning

Chris Vorster – Die hart verklap

Cintaine Schutte – Die dinge van ’n kind

Craig Morris – Johnny Boskak voel ’n bietjie …

Sandra Prinsloo – Kamphoer: Die verhaal van Susan Nell

Beste nuutgeskepte Afrikaanse teks

Christo Davids en Lloyd Davids – Queenie-hulle

Herschelle Benjamin – In Slavenhuis 39

Malan Steyn – Jakkals en Wolf Onbeperk

Retief Scholtz – Die voordele van eierwit

Nombulelo Yende is vir ’n Fiësta benoem as beste opkomende kunstenaar.

Beste opkomende kunstenaar

Cantona James – In Slavenhuis 39

en Jakkals en Wolf Onbeperk

Emma van Heyn – Met slenterslag na Sjanghai

Jane Mamotse Mpholo – The Island

Nombulelo Yende – La Serva Padrona

Wian Taljaard – Jakkals en Wolf Onbeperk

Beste prestasie in klassieke musiek

Bongani Kubheka en Nombulelo Yende – La Serva Padrona

Camerata Tinta Barocca onder leiding van Erik Dippenaar – Glorious Baroque

Charl du Plessis – Solo

José Dias – Hulde aan Nellie du Toit

Beste prestasie in visuele kuns

Abrie Fourie en Harrie Siertsema – Verf dit swart/Paint it black

Banele Khoza – Seeking Love

Cedric Nunn – Blood Relatives

Jean Theron Louw – My Afrika-wildehonde

Beste musiekgedrewe produksie: Buitelug

kykNET Rock Nou!-konsert

kykNET Verjaardagkonsert (kykNET-verjaardagkonsert)

Soweto String Quartet ontmoet Loki Rothman

Toe ek 20 was

Die musikante van die produksie Eet Kreef! wat Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band se album met dieselfde naam 30 jaar later gedenk, is as beste musiekgedrewe produksie benoem.

Beste musiekgedrewe produksie: Podium

ALTEmit Acapella

Amanda Strydom – Miss Mandy

Eet Kreef!

My land, my klank

Beste musiekgedrewe produksie: Teater

Jakkals en Wolf Onbeperk

Nataniël: Anthem

Samson

Woorde op Akkoorde

Beste aanbieding

Katvoet

Koningin Lear

Queenie-hulle

Samson

Tien duisend ton

Beste duo of ensemble

Die Intermissie

Jakkals en Wolf Onbeperk

Queenie-hulle

The Island

Beste vertaling of verwerking van ’n bestaande werk

Antjie Krog – Koningin Lear

Cecilia du Toit, Lara Foot en Sandra Prinsloo – Kamphoer: Die verhaal van Susan Nell

Francois Toerien – Die dinge van ’n kind

Nico Scheepers – Tien duisend ton

Die Fiësta-pryse word op Sondag 9 Februarie in Kaapstad oorhandig. Die toekenningsaand gaan regstreeks op kykNET DStv-kanaal 144 uitgesaai word.

Meer oor:  Kyknet  |  Kunstefeeste  |  Fiësta
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.