Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Húlle wen almal Naledi-teaterpryse

Met sewe pryse was die musiekspel The Color Purple Maandagaand die groot wenner tydens die Naledi-teaterpryse.

Dié pryse wat produksies met Gautengse speelvakke van die vorige jaar beloon, is in The Mandela in die Joburgteater in Braamfontein, Johannesburg, aangebied.

Naledi-teaterpryse
Didintle Khunou as Celie en Lelo Ramasimong as Shug Avery in The Color Purple.

Die toneelstuk The Curious Incident of the Dog in the Night-Time, gegrond op Mark Haddon se gelyknamige boek, het drie pryse ontvang en die splinternuwe Suid-Afrikaanse teks Shoes & Coups: A Paradox of the Absurd en die kinderproduksie Goggas! het elk twee pryse opgeraap.

Janice Honeyman is aangewys as beste regisseur van ’n musiekspel met The Color Purple, gegrond op die boek deur Alice Walker. Steven Spielberg het dit ook in 1985 as rolprent uitgereik met Whoopi Goldberg in die rol van die hoofkarakter, Celie.

Celie se karakter is ’n arm swart vrou wat verbaal en fisiek mishandel word. Bernard Jay is die uitvoerende vervaardiger.

Rowan Bakker is as beste musiekregisseur aangewys.

Kate Liquorish en Langley Kirkwood in Fool for Love.

Didintle Khunou het vir haar vertolking van Celie die prys as beste vrouehoofspeler in ’n musiekspel gewen.

Paul du Toit is beste akteur in ’n musiekspel vir Hedwig and the Angry Inch aangewys.

Shoes & Coups: A Paradox of the Absurd deur die regisseur Palesa Mazamisa is as die beste nuwe Suid-Afrikaanse teks aangewys.

Dié satiriese toneelstuk plaas die soeklig op Afrika en sy verhouding met ander lande. Uit ’n komiese hoek handel dit verder oor burgerlike aktivisme en ’n paar ontwerperskoene wat as ’n politieke metafoor dien.

Kai Luke Brummer het vir sy rol in The Curious Case of the Dog in the Night-Time die prys van beste akteur in ’n toneelstuk ontvang.

Hy vertolk die rol van Christopher Boone, wie se sindroom (waarskynlik Asperger se steuring) nie op die naam genoem word nie.

Simon Stephens het die verhoogverwerking van The Curious Case of the Dog in the Night-Time gedoen wat in 2015 ’n Tony-teaterprys gewen het.

Zikhona Sodlaka het vir haar rol as Queenie in Athol Fugard se toneelstuk Nongogo die prys as beste aktrise in ’n toneelstuk gewen.

Charmaine Weir-Smith is as beste regisseur van ’n toneelstuk aangewys vir The Train Driver, ook uit die pen van Fugard met Dawid Minnaar en John Kani in die rolverdeling.

Naledi-teaterpryse
Heidi Mollentze, Julie-Anne McDowell en Natasha Sutherland in The Revlon Girl. Foto: Philip Kuhn

Die wenners is:

Paul du Toit in Hedwig and the Angry Inch.

Beste vrouebyspeler

Heidi Mollentze in The Revlon Girl

Beste mansbyspeler

Sipho Zakwe in Shoes & Coups: A Paradox of the Absurd

Beste kinderproduksie (ouderdom 0 tot 13)

Goggas!

Beste produksie vir kinders (14 tot 17)

Polkadots

Beste vertolking in ’n produksie vir ’n jong gehoor

Jaques de Silva in Goggas!

Beste deurbraak in ’n vertolking

Ryan de Villiers in Matilda

Beste kostuumontwerp

Fred Abrahamse en Marcel Meyer met Macbeth

Beste beligtingsontwerp

Gareth Hewitt Williams met The Curious Incident of the Dog in the Night-Time

Beste AV/animasie-ontwerp

Gareth Hewitt Williams met The Curious Incident of the Dog in the Night-Time

Beste stelontwerp

Stan Knight met Fool for Love

Beste klankontwerp

Ntuthuko Mbuyazi met Florence

Beste klankbaan

Kabelo (Bonafide) Togoe en Aubrey Sekhabi met Freedom

Beste musiekregiseur

Rowan Bakker met The Color Purple

Beste samespel (ensemble)

HANI: The Legacy

Beste oorspronklike choreografie

Oscar Buthelezi met The Color Purple

Beste regisseur van ’n musiekspel/revue

Janice Honeyman met The Color Purple

Beste regisseur van ’n toneelstuk

Charmaine Weir-Smith met The Train Driver

Beste vrouebyspeler in ’n musiekspel

Lelo Ramasimong in The Color Purple

Beste mansbyspeler in ’n musiekspel

Yamikani Mahaka-Phiri in The Color Purple

Beste vrouehoofspeler in ’n musiekspel

Didintle Khunou in The Color Purple

Beste manshoofspeler in ’n musiekspel

Paul du Toit in Hedwig and the Angry Inch

Beste vrouehoofspeler in ’n toneelstuk

Zikhona Sodlaka in Nongogo

Beste manshoofspeler in ’n toneelstuk

Kai Luke Brummer in The Curious Incident of the Dog in the Night-Time

Beste spel in ’n soloproduksie

Daniel Mpilo Richards in Land Acts

Beste nuwe Suid-Afrikaanse teks

Shoes & Coups: A Paradox of the Absurd deur Palesa Mazamisa

Beste produksie van ’n toneelstuk

Tshepang: The Third Testament geskryf en regie deur Lara Foot

Beste produksie van ’n musiekspel

The Color Purple vervaardig deur die Joburgteater en Bernard Jay en regie deur Janice Honeyman.

Meer oor:  Teater  |  Braamfontein  |  Joburgteater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.