Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Ilne Fourie se ‘Grendel Giggel’ toer na platteland

Grendel-Giggel is ’n kort solovertoning wat Ilne Fourie geskep het toe die Vrystaat Kunstefees op haar nommer gedruk het om ’n bydrae vir hul toetslopie-aanbieding, Sluipkyk, te lewer.

Die Bloemfonteinse aktrise Ilne Fourie. Foto: Verskaf

Sedertdien het sowat vyf maande van inperking-blues verloop en het Fourie ’n nuwe, volwaardige solovertoning geskryf, maar die ATKV se tak vir gemeenskapsteater het gekies om Grendel-Giggel na die platteland te neem waar gehore Fourie vandeesmaand in lewende lywe op die verhoog kan beleef.

Dié solokomedie gaan oor die uitdagings van die staat van inperking waarmee Fourie die draak steek. WhatsApp-groepies en “tuisskooltantrums” is in haar visier, tannies met trollies en ander irritasies en hoe om daai lockdown-lyf weer reg te kry vir die somer.

Vandat sy sowat sewe jaar gelede in haar eerste solovertoning, Impi, met haar humorsin beïndruk het, is elke nuwe produksie met groot opgewondenheid ingewag. Onder die vertonings wat ná Impi2 gevolg het, en waarin sy grotendeels met haarself spot, is VettieBOEMBOEM, Next Customer, Please, ValenPYNsdag en Sharrap, en eet jou kos!, wat ook as ’n radiodrama op RSG uitgesaai is.

Die inperkingsreëls het nie ’n stokkie voor Fourie se kreatiwiteit gesteek nie. Inteendeel, sy het die tyd kreatief gebruik en verskeie stukke die lig laat sien, soos Die klein viooltjie, wat oor klassieke musiek vir kinders handel, Die-skunnige-skinnery-van-Smitstraat-se-skinderaars-darem en die woordkunsproduksie Boesmanland wat albei tans op die Vrystaat Kunstefees se aanlyn fees, Snelstroom, te sien is, asook ’n kinderstuk, Loeloe en die kriewelrige koronkongkiem, wat in Desember onder die Vrystaat Kunstefees-vaandel by onder meer kleuterskole en kinderhuise opgevoer sal word.

Grendel-Giggel word op die volgende dorpe opgevoer.

  • 4 November – Middelburg
  • 5 November – Colesberg6 November – De Aar
  • 7 November – Somerset-Oos
  • 8 November – Gariepdam
  • 18 November – Carnarvon
  • 19 November – Douglas
  • 20 November – Jan Kempdorp
  • 25 November – Zastron
  • 26 November – Aliwal-Noord
  • 28 November – Ugie

Vir kaartjies en meer inligting, kontak Gertjan Holtzhausen, ATKV-streekbestuurder, by 082 563 4457.

Meer oor:  Whatsapp  |  Boesmanland  |  Koronaviruspandemie  |  Covid-19  |  Covid  |  Koronavirus  |  Covid-19-Pandemie  |  Staat Van Inperking  |  Pandemie  |  Inperking  |  Vrystaat Kunstefees  |  Atkv  |  Snelstroom  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.