Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Innie selle wen ATKV-kompetisie
’n Toneel uit Innie selle van die Hoërskool Tygerberg. Die produksie het Saterdagaand die ATKV-tienertoneelkompetisie gewen.Foto: Annemarie Wichmann

“Tiere, tiere” het ’n volgepakte Kunstekaap-teater in Kaapstad gedreunsang toe Innie selle ’n komiese tronkdrama deur Hoërskool Tygerberg as wenner van die ATKV-tienertoneel-kompetisie aangewys is.

Die drama, vertolk deur seuns in wit frokkies en oranje tronkbroeke, speel af in Pollsmoor en is deur Pieter Nel geskryf en geregisseer. Dit handel oor bendelewe in die tronk.

Op hul hakke was die Hoër Meisieskool Bloemhof met die ensemble-stuk Wag, ek kry gou my foon (en sulke goed) en in die derde plek was Pretoria se Afrikaanse Hoër Seunsskool met die klug Plekke.

André Gerber en Anél Joubert is as beste regisseurs aangewys vir Bloemhof se stuk, die ensemble is ook as die wenensemble aangewys en dit is ook uitgesonder vir ontwerp en bogemiddelde uitvoering van tegniese aspekte. Die openhartige stuk, wat sake van belang aanraak vir vandag se jong vroue, is geskryf deur die meisies van Bloemhof in oorleg met Gerber en Joubert.

Laris Gomez van die Hoerskool Jan van Riebeeck is as beste aktrise aangewys.

Die beste aktrise is Laris Gomez vir haar vertolking in Hoërskool Jan van Riebeeck se Die Niks en die beste akteur is Adriaan Havenga van die Hoërskool Monument vir sy vertolking in My Suid-Afrika: ’n openbaring.

Ander wenners:

* klankoperateur Christo van Schalkwyk van die Hoërskool Zwartkop.

* beligtingoperateur Brandon Dippenaar van die Afrikaanse Hoër Seunskool.

* verhoogbestuur die span van die Hoërskool Parel Vallei.

* belowende spel deur ’n meisie is gedeel deur Milandie Viljoen van Helpmekaar Kollege en Abigail Wagner van Hoërskool Zwartkop.

* belowende spel deur ’n seun Dylan Lee van die Afrikaanse Hoër Seunskool vir Plekke.

* beste ondersteunende spel deur ’n meisie Jeanne-Marie Koekemoer van Hoërskool Stellenbosch vir Blessings.

* beste ondersteunende spel deur ’n seun Edja Meyer van Hoërskool Tygerberg vir Innie selle.

Vanjaar het 150 skole en 3 000 leerlinge aan die kompetisie deelgeneem. Vyftien stukke het ná elf streekfeeste deurgedring tot die finale ronde wat verlede week Woensdag in die Kunstekaap begin het. Die beoordelaars van die eindronde was Ira Blanckenberg, Tara Notcutt, Crystal Donna-Roberts, Marí Borstlap, Jacques Bessenger, André Stolz en prof. Marié-Heleen Coetzee.

Gerber se toneelstuk Fragment is as die beste nuutgeskrewe teks van 2016 aangewys. Hy ontvang R5 000 en ’n goue erepenning. Rita Liversage is die naaswenner met haar stuk La Plastique en Lesley Swart is in die derde plek met POLS.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.