Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Inspirasie vir pa-wees vandag

Love, Sex, Fleas, God: Confes­sions of a stay-at-home dad

Rosebank-teater, Kaapstad

***

David Muller koer oor sy bondeltjie vreugde in Love, Sex, Fleas, God: Confessions of a stay-at-home-dad.

Ouerskap is so oud soos die wêreld self en steeds is daar geen handleiding wat jou voorberei op die uitdagings daarvan nie. Elkeen se belewenis van ouerskap is ook intens anders.

Die een ding waaroor mense egter ooreenstem, is dat ouerskap jou verhouding met jou ouers laat herbesoek. Jy herevalueer ook jou kinderjare sodat jy nie dieselfde foute maak nie.

Die biblioteke vol ouerskapsboeke fokus meestal op moeders. Dié wat deur mans geskryf is, is maar yl gesaai. En dan is daar nóg minder oor mans wat by die huis bly en kinders grootmaak.

So, wat maak dié verhaal van ouerskap anders as ander stories? ­Love, Sex, Fleas, God: Confessions of a stay-at-home dad is ’n eenman­vertoning gebaseer op die boek deur Bruce Clark. Bruce, gespeel deur David Muller, het op die rype ouderdom van 54 die eerste keer pa geword en besluit om by die huis te bly en kinders groot te maak terwyl sy vrou die pot aan die kook hou.

Tussen doeke omruil, Lego wegpak en storietyd word ­Bruce gekonfronteer met sy verlede. Dis hier waar die storie maklik selfbejammerend kon raak, maar tussen die snot en trane kry hy dit tog reg om die gehoor te laat skaterlag vir sy bisarre kinderjare, sy ma se obsessie met Sciëntologie en haar rits mislukte huwelike. Selfs die jare wat hy as boemelaar op straat oorleef het, word met empatie en humor besoek. Die lewe takel hom soms met kaal vuiste, maar met sy sin vir humor en die liefde van sy ouma-ma, word Bruce ’n afgeronde man en pa wat die verlede in die oë kyk.

Muller se 80 minute lange monoloog is indrukwekkend. Hy dra die storie oor soos jy dit vir jou vriende sou vertel. Die verhouding met die gehoor is persoonlik en die intieme teater dra perfek by tot die kuier-saam-in-die-sitkamer-gevoel wat geskep word. Die stelontwerp en beligting is goed gebruik om die sprong tussen sy verlede en die hede geloofwaardig te maak. ’n Mens wou ­Bruce egter in ’n stadium paai en sê ma’s doen dit al eeue lank sonder dié fanfare.

Tog gun ’n mens Bruce dit, want sy storie is ’n inspirasie vir ander pa’s om pa te wees in ’n moderne veranderende samelewing.

Tot Vrydag. Bespreek by 072 316 6133.

Meer oor:  Teater  |  Sex  |  Love  |  Opvoering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.