Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
‘Into the Woods’ wen meeste BroadwayWorld SA-pryse

Die musiekspel Into the Woods, wat danksy Pieter Toerien Productions in Kaapstad en Johannesburg op die planke was, het die meeste pryse by die BroadwayWorld South Africa-teaterpryse ontvang.

Kate Normington in ‘Into the Woods’. Foto: Jesse Kramer

Benewens die prys vir beste regisseur van ’n musiekspel (Steven Stead), beste beligtingsontwerp (Tina le Roux) en beste stelontwerp (Greg King), het die rolverdeling van die Stephen Sondheim-musiekspel al vier kategorieë vir akteurspel in ’n musiekspel gewen – beste akteur in ’n hoofrol (Earl Gregory), beste aktrise in ’n hoofrol (Kate Normington), beste akteur in ’n ondersteunende rol (Zak Hendricks) en beste aktrise in ’n ondersteunende rol (Megan Rigby).

Die pryse vir beste musiekspel en beste ensemble is egter aan die musiekspel Kinky Boots toegeken, wat met vyf pryse bekroon is.

Die musiekspel, wat tot 2 Februarie in die Fugard-teater in Kaapstad te sien is, spog ook met die pryse vir beste choreografie (Louisa Toubalt), beste kostuumontwerp (Birrie le Roux) en beste klankontwerp (Mark Malherbe).

Earl Gregory vertolk die hoofrol in ‘Kinky Boots’, maar is bekroon vir sy hoofrol in ‘Into the Woods’. Foto: Jesse Kramer

Die toneelstukke Equus en Statements After an Arrest Under the Immorality Act het elk twee pryse ontvang, terwyl Koekeloer, Kunene and the King en Koningin Lear elk een prys ontvang het – die laasgenoemde stuk met die prys vir beste aktrise in ’n ondersteunende rol in ’n toneelstuk, wat aan Anna-Mart van der Merwe toegeken is.

Die benoemings en uiteindelike wenners van die jaarlikse BroadwayWorld South Africa-teaterpryse word deur teatergangers self aangewys en beslis.

Produksies wat tussen 1 Oktober 2018 en 30 September 2019 in Suid-Afrika op die planke was, het vir vanjaar se pryse gekwalifiseer.

Volledige lys van wenners:

Beste akteur in ’n ondersteunende rol in ’n musiekspel: Zak Hendricks (Into the Woods)

Beste akteur in ’n ondersteunende rol in ’n toneelstuk: Tiaan Slabbert (Koekeloer)

Beste akteur in ’n hoofrol in ’n musiekspel: Earl Gregory (Into the Woods)

Beste akteur in ’n hoofrol in ’n toneelstuk: Sven Ruygrok (Equus)

Beste aktrise in ’n ondersteunende rol in ’n musiekspel: Megan Rigby (Into the Woods)

Beste aktrise in ’n ondersteunende rol in ’n toneelstuk: Anna-Mart van der Merwe (Koningin Lear)

Beste aktrise in ’n hoofrol in ’n musiekspel: Kate Normington (Into the Woods)

Beste aktrise in ’n hoofrol in ’n toneelstuk: Liezl de Kock (Statements After an Arrest Under the Immorality Act)

Beste choreografie: Louisa Toubalt (Kinky Boots)

Beste kostuumontwerp: Birrie le Roux (Kinky Boots)

Beste regisseur van ’n musiekspel: Steven Stead (Into the Woods)

Beste regisseur van ’n toneelstuk: Greg Karvellas (Statements After an Arrest Under the Immorality Act)

Beste ensemble: Kinky Boots

Beste beligtingsontwerp: Tina le Roux (Into the Woods)

Beste musiekspel: Kinky Boots

Beste nuwe werk: Kunene and the King

Beste toneelstuk: Equus

Beste stelontwerp: Greg King (Into the Woods)

Beste klankontwerp: Mark Malherbe (Kinky Boots)

Meer oor:  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.