Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Ismail Mahomed op raad van Kaapstad Ballet

Ismail Mahomed, wat onlangs as bestuurshoof van die Markteater in Johannesburg bedank het, dien nou op die raad van Kaapstad Ballet (CTCB).

Hy kondig boonop vandeesweek nóg loopbaanplanne aan.

Ismail MahomedFoto: Suzy Bernstein

“Ek beplan beslis om steeds in die kunste te werk en daarom het dit vir my reg gevoel toe CTCB my genader het,” sê Mahomed.

“Ek is tyd gegun om oor die aanbod te dink. Ek glo in CTCB se reputasie en wat hulle vermag. Dit het alles vir my reg gevoel, want ek het voorheen saam met die bestuurshoof, Debbie Turner (tóé by ’n ander geselskap), en die voorsitter, Suzette Raymond, gewerk toe ek die artistieke direkteur van die Nasionale Kunstefees (in Makhanda) was.

“Ek wil my ervaring en netwerk aanwend om die werk te bevorder wat die geselskap doen.”

Mahomed dien ook op die rade van onder meer die KKNK en die Teaterbystandsfonds (TBF).

“Al hierdie werke is wel nie voltyds nie. Daarom kondig ek binnekort nog loopbaanplanne aan.”

Hy is in 2016 as bestuurshoof van die Markteater aangestel nadat hy agt jaar lank die artistieke direkteur van die Nasionale Kunstefees was.

Hy werk nog tot 30 Junie vir die Markteater.

Meer oor:  Kaapstad Ballet  |  Ismail Mahomed  |  Markteater  |  Newtown  |  Johannesburg  |  Ballet  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.