Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Joburgteater heropen met operakonsert

Met ’n “viering van opera en die talent in Suid-Afrika” word die Mandela-teater in die Joburgteater in Braamfontein vandeesmaand heropen.

Cantiamo – Mzansi Opera Celebration sluit die werk van Suid-Afrikaanse komponiste in en musiek uit operas wat voorheen in die Joburgteater op die planke was.

Die Joburgteater in Braamfontein

“Maar natuurlik is daar ook die minder bekende werk,” sê Marcus Tebogo Desando, die regisseur. “En Suid-Afrikaanse komponiste het die afgelope 25 jaar baie goeie werk gelewer. Dis so lekker dat ons die teater met ’n operakonsert kan heropen.”

Kelebogile Besong
Kimmy Skota
Phenye Modiane
Thesele Kemane

Die internasionaal gerekende plaaslike operasangers Kimmy Skota, Kelebogile Besong, Thesele Kemane en Phenye Modiane staan op 22 en 23 Oktober op die verhoog.

Op 24 en 25 Oktober word die konsert gestroom.

Die pianis Paul Ferreria begelei die sangers en die Vivacious Sounds-koor met 20 lede. Die koorsangers se ouderdomme wissel van 16 tot 35, en hulle is van gebiede soos Katlehong, die suide van Johannesburg en Soweto afkomstig.

Die konsert sluit musiek uit Vincenzo Bellini se I Puritani, Wolfgang Amadeus Mozart se Don Giovanni en Giuseppe Verdi se La Traviata in.

Suid-Afrikaanse werk sluit in musiek uit Phelelani Mnomiva se Ziyankomo and the Forbidden Fruit en Mzilikazi Khumalo se Princess Magogo.

"Met Cantiamo wil die Joburgteater op sy diversiteit voortbou en steeds verskillende kunsvorme aanbied."

Mnomiva is in Augustus dood.

“Die konsert wys watter talent Suid-Afrika het,” sê Desando.

“Met Cantiamo wil die Joburgteater op sy diversiteit voortbou en steeds verskillende kunsvorme aanbied. Ek is bly ek kon hierdie viering saamstel.

“Albei konserte word opgeneem, waarna die beste een gestroom sal word,” sê Desando.

“Ons sou dit oorspronklik net aanlyn aangebied het, maar toe word die inperkingsmaatreëls verslap. Maar dit word met dieselfde intensiteit uitgevoer – of dit aanlyn of op die verhoog is. So ons het nie juis nodig gehad om die konsert aan te pas nie. Daar is bykans 1 000 sitplekke, waarvan die helfte gevul mag word.”

• Kaartjies vir vertonings op die verhoog kos R120 en die aanlyn vertonings kos R70.

Besoek joburgtheatre.com om te bespreek.

Meer oor:  Joburgteater  |  Braamfontein  |  Opera  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.