Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Joe Niemand speel dubbele rol ná akteur se hartaanval

Joe Niemand, gospelsanger wat die rol van ’n ouer Daniël in Daniel the Musical vertolk wat tans in Israel op die planke is, speel nou ook koning Nebukadnesar nadat ’n mede-hoofakteur ’n hartaanval gehad het.

Andile Gumbi (36) is Dinsdagoggend na die Shaare Zedek- mediese sentrum in Jerusalem gehaas toe hy ’n hartaanval gekry het.

“Sy toestand is kritiek,” het Niemand Donderdag in ’n telefoniese onderhoud met Netwerk24 gesê.

“Dit is vertroostend om te weet Andile kry die beste mediese sorg in die wêreld terwyl hy vir sy lewe veg en die dokters probeer uitvind wat tot die hartaanval gelei het.”

Andile Gumbi (36) in die rol van koning Nebukadnesar en Marisa Drummond as die karakter Amytis. Foto: Michelle Harding

Die musiekblyspel se première verlede Donderdag in die Jerusalem-teater is met staande toejuiging ontvang.

Nadat Gumbi opgeneem is, het Niemand laat weet die blyspel is tydelik gekanselleer. Hy het egter Donderdag laat weet dit gaan voort nadat hy besluit het om ook die rol van koning Nebukadnesar te vertolk.

Daar is ’n jong én ou Daniël in die vertoning, sê Michelle Harding, die blyspel se skakelbeampte.

“Joe speel net die ouer Daniël. Dit is in die tweede gedeelte en koning Nebukadnesar is net in die eerste gedeelte van die storie. Dit is hoekom dit prakties moontlik is.”

’n Toneel uit Daniel the Musical. Foto: Michelle Harding

Daniel word elke aand tot Dinsdag 22 Oktober opgevoer.

Niemand sê hy móés eenvoudig Gumbi se skoene vol staan om die “sending te voltooi”.

“Dit was dít of alles moes gekanselleer word.”

Niemand is die direkteur van die musiekblyspel. Hy glo daar is ’n vloek op Suid-Afrika weens die land se teenkanting van Israel.

Hy wil dié vloek verbreek deur ’n “kreatiewe brug” te bou.

Daniel the Musical, ’n musiekblyspel wat geskoei is op die Ou Testamentiese Daniël, word tans in die Jerusalem-teater in Israel opgevoer. Van links is André Terblanche, Joe Niemand, Ferdi Gernandt en Marno van der Merwe. Foto: Verskaf

Hy glo die feit dat dit tans in Jerusalem opgevoer word, is een groot wonderwerk.

“Ons vra dat mense vir Andile bid vir vinnige herstel.” Hul grootste prioriteit nou is om Andile se vrou na Jerusalem te bring sodat sy hom kan ondersteun.

“Ons wil almal wat vir ons bid, bedank, asook dr. Ofer Merindie, die adjunk-direkteur-generaal van die Shaare Zedek- mediese sentrum, en sy personeel vir die sorg wat hulle Andile bied.”

Harding sê Niemand en die ander betrokkenes wil Daniel the Musical graag terugbring Suid-Afrika toe.

Meer oor:  Israel  |  Andile Gumbi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.