Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Jong verhoogakteur sterf skielik
Given Mkhize

Die akteur Given Mkhize (27), wat in Janice Honeyman se jongste pantomime Jack and the Beanstalk sou opgetree het, is dood.

Die oorsaak van sy dood is nog onbekend en geen inligting mag sonder die familie se toestemming gegee word nie, sê Bronwen Hirshowitz van Bsharp Entertainment wat die reklame van teaterproduksies behartig.

Volgens Hirshowitz moet die outopsie nog gedoen word.

’n Gedenkdiens word Donderdag om 18:30 by die Joburgteaterkompleks in Braamfontein vir Mkhize gehou.

“Ons is ongelooflik verpletter,” sê Hirshowitz. “Ons medelye gaan aan sy familie en vriende. Dit is ’n groot verlies vir ons teatergemeenskap.”

Jack and the Beanstalk, Honeyman se 32ste pantomime, duur van 2 November tot 22 Desember in die Joburgteater.

Mkhize, wat onder meer in die musiekspel King Kong opgetree en ’n kameeverskyning in M-Net se komende mini-reeks Trackers maak, was lid van Jack and the Beanstalk se ensemble en hy sou verskillende kleiner karakters vertolk het.

Dit is nog onbekend wie sy rol sal oorneem.

Die akteur Germandt Geldenhuys, veral bekend om sy rol in die kykNET-sepie Binnelanders, en een van die spelers in Jack and the Beanstalk, het op Facebook oor Mkhize geskryf:

“Ek het Given Mkhize net vyf dae geken, maar in die kort tyd waarin ek bevoorreg was om in jou teenwoordigheid te wees, was jou glimlag, jou energie, jou lewendigheid en veral jou drukkies onvergelykbaar. Mag jou siel in vrede rus, mooi een.”

Die regisseur Lesedi Job het op Facebook oor Mkhize geskryf:

“’n Sjarmante, ultra talentvolle jong man wat in homself en sy kunstenaarskap gegroei het.

Ek het ná sy optrede verlede week met hom gepraat oor hoe ongelooflik sy choreografie was.

Ek het hom vertel hoe kosbaar dit is om hom van ‘seun’ na ‘man’ te sien groei.

Jy het aan ons soveel onvoorwaardelike liefde en ondersteuning oor die jare gegee en jy het nie verdien om te gaan nie, maar jy is ook weg met die woord ACTION. We as artists need to ACTION our creativity and MAKE OUR WORK SEEN AND HEARD!

Ek wens almal kon die spesiale werk sien wat hy geskep het. Mag jy in vrede rus, mooi man, en met die engele in die hemel dans.”

* Die fonds GKM Funeral Fund is ook vir Mkhize se familie gestig. Indien enigiemand wil bydra, is die bankbesonderhede: FNB-spaarrekening, rekeningnommer 62807134424, takkode 250 655.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.