Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Jonges wieg saam met 1950’s-liedjies

Forever Plaid ****

Met Tiaan Rautenbach en Danny Meaker.

Regisseur: Jaco van Rensburg

Hierdie pragproduksie is ’n huldeblyk aan een van die eerste boy bands in die wêreld: vier koel, ritmiese gomlastiek-lyf-ouens wat hul debuut wou gemaak het voor hul eerste gehoor. Dit was hulle nooit beskore nie, want ’n bus het in hulle vasgery op pad na hul eerste optrede, en al vier is op slag dood.

In hierdie lewensblye en seepgladde produksie kry hulle uit die hiernamaals die kans om ons te vermaak met die musiek wat hulle sou gesing het. Treffers uit die 1950’s soos “Love is a Many Splendored Thing” en “Three Coins in a Fountain” is maar twee wat hulle in perfekte harmonie, oorgawe en uitstekend gechoreografeerde danstonele uitvoer. Die groepie beweeg soos energieke ontwerper-engele wat in vier verskillende stemme harmonieer.

Die regisseur Jaco van Rensburg verdien ’n pluimpie wat die produksie so onderhoudend geregisseer en beheer het, die gehoor ongedwonge betrek en vir die aansteeklike entoesiasme en opwinding sorg.

En dan is daar natuurlik die vier sangers, spesifiek Tiaan Rautenbach, wat sing asof hulle engeleharpe vir aardse instrumente verruil, diep uit hul hart.

Dit lyk dalk na ’n “outydse” produksie, maar jonges sal vind dat hulle ritmies saam beweeg op wieke van die lied! (“Matilda-a!”)

Dié netjiese produksie word met entoesiasme aanbeveel en verdien ondersteuning, al is dit net om vir ’n uur aan beurtkrag, chaos en slegte nuus te ontvlug. As atmosferiese beligting al ooit vermelding verdien het, is dit hier. Dit is veral Sondagmiddagvermaak wat soos ’n loom massering van die siel voel.

  • By Pieter Toerien se Montecasino-teater tot 3 November, daarna by Theatre on the Bay, Kaapstad.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.