Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
‘#JustMen’ belig geweld teen vroue en kinders

Doen Suid-Afrikaanse mans genoeg om geweld teen vroue en kinders stop te sit?

In die veeltalige teater-aanbieding, #JustMen, word ’n beroep gedoen op mans om saam te staan en teen dié pandemie standpunt in te neem. Die stuk is deur die Stad Kaapstad geborg en word net twee weke lank – van 13 tot 30 Junie – daagliks om 19:30 in die Baxter-teater in Rondebosch opgevoer.

Die spelers in #JustMen is van links Sherman Pharo, Johan Baird, Thando Doni, Heinrich Reisenhofer (die regisseur) en Loukmaan Adams. Foto: Oscar O’Ryan

Met die wêreldwye #MeToo-onthullings deur vroue wat die stilswye oor seksuele teistering en aanranding verbreek, is dit mans se beurt om eienaarskap van hierdie probleem te neem. Dit is nie net ’n vrouesaak nie, maar ’n kollektiewe saak. Suid-Afrika het van die hoogste statistieke van seksuele geweld ter wêreld. Die gereelde voorvalle van mishandeling, verkragting en moord op vroue en kinders het drasties toegeneem.

#JustMen is ’n wekroep tot aksie. Die regisseur is Heinrich Reisenhofer bekend om treffers soos Joe Barber en Suip!. Spelers sluit in Loukmaan Adams (Aunty Merle, The Musical, Kat and the Kings), Thando Doni (Ityala Lamwele, Ubuze Bam), Sherman Pharo (Suidooster, Vinkel en Koljander) en Johan Baird (7de Laan, Generations).

Dit is ’n werksessieproduksie wat ná weke se navorsing en repetisies deur die span self ontwikkel is. Die mans vertel hul eie stories en staan saam teen die geweld teen vroue.

Die artistieke hoof van die Baxter, Lara Foot, meen die omvang van die probleem kan nie meer geïgnoreer word nie.

“Ons voer die produksie op, omdat daar verandering moet kom. Ons nooi alle mans, bestuurders en personeel in die sakewêreld, regering, organisasies, sport, akademie en in alle sektore van ons samelewing om die stuk te ondersteun.”

Hoe beveg ons hierdie probleem as mans? Dit is duidelik dat ons ons verantwoordelikheid, verantwoordbaarheid en gedrag rondom mans se mishandeling van vroue en kinders moet transformeer.
Lara Foot

Sy hoop dat #JustMen tot openlike gesprekke en besprekings sal lei. Sy vra alle mans op om deel te word van ’n beweging om ons samelewing veiliger en gesonder te maak.

Reisenhofer beaam dat die gesprek nie meer geïgnoreer kan word nie. “Dit is ’n baie persoonlike projek vir my om genesing en transformasie na die teater te bring en om ’n dapper en weerlose gesprek te begin. Dit gaan nie net oor die mans wat ons wil wees nie, maar oor die wêreld waarvan ons deel wil wees.”

Die produksie is deur die Mankind-projek en die Imbadu Men’s Project geïnspireer.

Reisenhofer meen elke man moet die stuk sien.

“Hoe laat ons as mans ons stemme hoor? Hoe beveg ons hierdie probleem as mans? Dit is duidelik dat ons ons verantwoordelikheid, verantwoordbaarheid en gedrag rondom mans se mishandeling van vroue en kinders moet transformeer.”

Die produksie het ’n ouderdomsperk van 16. Kaartjies kos R120. Dit kan by Webtickets of Pick n Pay gekoop word.

  • Bel Leon van Zyl by 021 680 3972 of stuur na e-pos na leon.vanzyl@uct.ac.za om groepbesprekings te doen.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.