Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Kaapse kultuur blom in September

Kaapstad blom in lentemaand met ’n verskeidenheid kuns- en kulturele aktiwiteite. Dit gaan deeglike beplanning verg om by alles uit te kom.

Sima Mashazi sal te sien wees in My Miriam Makeba Story.

*Die Open Book-fees word van 5 tot 9 September in die Fugard-sentrum en omliggende lokale gehou. Vir meer besonderhede besoek openbookfestival.co.za. Bespreek kaartjies by webtickets.

*Die tweede Kaapstadse Barokfees, aangebied deur

Camerata Tinta Barocca, word van 21 tot 23 September gehou. In die openingskonsert tree die soliste Lynelle Chrystal Kenned, Elsabé Richter en Lusibalwethu Sesanti op in die St Andrew’s Presbiteriaanse Kerk, Groenpunt. Bespreek by www.webtickets.co.za.

*Die sewende Tuin van digters, die jaarlikse hoogtepunt op die kalender van Afrikaanse digkuns in die land, vind vanjaar op Vrydag en Saterdag 14 en 15 September by die Breytenbach-sentrum in Wellington plaas. Vanjaar se tema is buitedieboek. Daar word onder meer gefokus op hoe verskillende mense uit verskillende gemeenskappe op verskillende maniere (in ’n gedig, deur musiek, met kunswerke, in openbare ruimtes en deur animasie kommunikeer.

Bespreek by 021 873 2786 of besprekings@breytenbachsentrum.co.za.

June van Merch en Hilandi du Toit.

In die Kunstekaap-sentrum word onder meer die volgende aangebied:

*4 September om 13:00 – ’n gratis etensuurkonsert in die kandelaarvoorportaal met die Kaapstadse Filharmoniese Orkes.

*13 tot 15 September bied Sima Mashazi haar program

My Miriam Makeba Story aan. Sy het die rol van ’n jong Makeba in die musiekspel Mama Africa vertolk wat in Suid-Afrika en Amerika opgevoer is. Sy sing van haar eie liedjies en van Makeba se treffers.

Bespreek by Computicket.

*Van 19 tot 22 September bied Coenie de Villiers en Deon Meyer ’n dubbele program aan. Die eerste helfte is Karoo Suite, ’n musikale huldeblyk aan die Karoo. Die tweede helfte is die debuut van Katrina: Die dansende taal met musiek deur De Villiers en choreografie deur Kirvan Fortuin en dansgeselskap. Dis gebaseer op die lewe van Katrina Esau, die laaste mens wat die San-taal N/UU kan praat.

*Die opera Maria Stuarda van Donizetti word van 26 tot 29 September in die operahuis opgevoer. Violina Anguelov en Noluvuyiso Mpofu vertolk die hoofrolle. Kamal Khan is die dirigent saam met die operakoor en die Kaapstadse filharmoniese orkes.

Violina Anguelov en Noluvuyiso Mpofu in Maria Stuarda.

In die Baxter-teatersentrum word onder meer die volgende aangebied:

*5 tot 22 September – Swerfgoed met Anna-Mart van der Merwe, Nicole Holm, Richard September en Andrew Laubscher. Die regisseur is Tinarie van Wyk-Loots en die teks deur Bauke Snyman. Die stuk speel af in die toekoms waar water die duurste hulpbron is en daar word selfs moord gepleeg om dit te bekom.

*Marc Lottering se nuwe eenpersoonstuk is tans tot 29 September in die teater te sien. In Lottering at the Baxter Theatre is hy weer op sy eie nadat sy musiekspel Aunty Merle: the Musical twee suksesvolle speelvakke gehad het en vir vier Fleur du Cap-teaterpryse genomineer is.

Bespreek by Computicket.

*Die Suid-Afrikaanse kollege van musiek voer op 18 September Brahms se Neue Liebeslieder Waltzes, op. 65 uit.

*Gesnaarde gedigte met June van Merch en Hilandi du Toit is op 26 September om 20:30 by Die Boer-teaterrestaurant in Durbanville op die planke. Dis vanjaar bekroon met ’n WoordTROfee en is ’n opvolgproduksie van hul 2017 Fiësta-benoemde produksie Gedig, my snaar.

Bespreek by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com.

Meer oor:  Deon Meyer  |  Coenie De Villiers  |  Marc Lottering  |  June Van Merch  |  Musiek  |  Teater  |  Visuele Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.