Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
‘Kafka’s Ape’ op pad na buiteland

Vandeesweek word die solostuk Kafka’s Ape, gegrond op die kortverhaal “A report to an Academy” deur die Duitse skrywer Franz Kafka, vir die laaste keer in Johannesburg opgevoer.

Tony Miyambo in Kafka’s Ape.

Daarna het die produksie net twee Suid-Afrikaanse speelvakke oor.

Dit word Woensdag tot Vrydag om 20:00 in die Popart-teater in Maboneng, Johannesburg, opgevoer.

Tony Miyambo vertolk die rol van Red Peter the Ape in Phalo O. Phalo se verwerking van dié verhaal oor identiteit, vryheid en oorlewing, wat binnekort ook in die buiteland op die planke is.

Dit word van Woensdag tot Vrydag in die Popart-teater in Maboneng, Johannesburg, opgevoer.

Tony Miyambo vertolk die rol van Red Peter the Ape in Kafka’s Ape.

In Kafka se verhaal spreek die spreker ’n akademie toe oor sy vorige lewe as ’n aap. Red Peter het geleer om soos ’n mens te beweeg.

“Dit is ’n verhaal wat oneindige moontlikhede en uitdagings verteenwoordig,” sê Miyambo.

“Die onderwerp is vandag nog net so van toepassing as toe dit geskryf is.”

Die oorspronklike verhaal is in 1917 gepubliseer.

“Elke keer wat iemand my vra of ek moeg word om hierdie stuk op te voer, dink ek aan al die opofferings wat mense maak om hul werk op die planke te bring. Die onbetaalde rekeninge, die skuld, die pyn en trane, en ek besef hoe geseënd ek is om die stories te kan vertel wat ek graag wil sonder vrees of beperkings. Dit is die naaste wat ’n mens aan vryheid kom en jy raak nie moeg daarvoor om vry te wees nie.”

Die akteur Marius Weyers het ook voorheen die rol vertolk in die verhoogverwerking, A Report to an Academy.

Kafka’s Ape word eersdaags in die Tsjeggiese Republiek opgevoer.

Dit word van 10 tot 22 Junie in die Alexander Bar in Kaapstad opgevoer, tesame met nog ’n solostuk, The Cenotaph of Dan Wa Moriri en van 27 Junie tot 3 Julie is dit by die Nasionale Kunstefees op die planke.

Daarna is dit in Rwanda en in New York in die Westside Theatre op die planke.

Die produksie het ’n Silver Ovation-prys in 2015 gewen tydens die Nasionale Kunstefees in Grahamstad. Die adres: Foxstraat 246, Johannesburg.

* Kaartjies kos R120 aanlyn en R140 by die deur. Besoek popartcentre.co.za om te bespreek.

Meer oor:  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.