Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Kalmer belig dans van akteur en sy muse
Tinarie van Wyk Loots en Marcel van Heerden in Weg van Harry Kalmer wat by die US Woordfees debuteer.

Die invloed van ’n muse op die kreatiewe proses is die gegewe van die dramaturg Harry Kalmer se jongste toneelstuk.

Weg, wat by die US Woordfees debuteer, handel oor ’n akteur (Marcel van Heerden) en sy muse (Tinarie van Wyk Loots).

“Dit is muse in die klassieke sin, die nege muses. Die titel verwys na die betekenis van verdwyning en ook die betekenis van die pad in die lewe. Dis soort van ’n journey van teater en ups and downs en alles wat daarmee gepaard gaan.”

Dit het ’n baie karnavalagtige element. Dit gryp terug na Middeleeue en bevat allerhande verwysings van daardie tyd tot die jongste teater wat nou gemaak word.

Christine Truter is die regisseur en Riku Lätti staan op die verhoog as musikant. Die produksie bevat geen vooraf opgeneemde musiek nie.

“Ek en Marcel wou met ’n vroue-regisseur werk,” sê Kalmer. “Dis ’n baie manlike verhaal en ons wou daardie manlikheid ’n bietjie temper en vroulike insette kry en hul energie ervaar.”

Kalmer het onlangs ’n repetisie van die produksie gesien.

“Dis baie lewendig, baie visueel en baie fisies. Dit is regtig besonders. Dis baie ingelig deur die literatuur en die teater. Ek dink dit gaan mense verbaas wat nie my werk so goed ken nie. Jy weet, Christine is heeltemal anders as ek, en sy is ’n baie goeie regisseur, sy kan met akteurs connect op vlakke wat ek nie kan nie. Die samewerking met haar is vir my baie opwindend.

Kalmer het die teks met Van Heerden in gedagte geskryf.

“Die soort skrywer wat ek is en soort akteur wat Marcel is . . . Ons staan baie sterk in sekere teatertradisies. Dit is een van die goed wat my en Marcel nog altyd connect het. Ek het eerstens hierdie teaterteks geskryf om ’n storie oor lewende teater te vertel.”

Kalmer wou nog altyd ’n stuk vir Van Heerden skryf. Weg is egter nie biografies of outobiografies nie.

  • Kalmer het met Van Heerden te doen gekry toe hy (Kalmer) as klerk by die spoorweg gewerk het en ’n teaterteks, , geskryf het. Hy het nie vir Van Heerden geken nie, maar het sy werk geken. Kalmer het hom gebel en na sy huis gery.

“Marcel het die teks gelees en my laat weet hy dink Gys de Villiers is die ou. Marcel het dit vir hom gestuur. En toe kom Andrew Buckland by en Kevin Smith en Ilse van Hemert. En dit was die eerste van 24 toneelstukke.”

Kalmer hoop dat hulle met Weg verder sal kan toer, maar nog niks is bevestig nie.

* Weg is op 3 en 4 Maart om 16:00 op die planke en 5 Maart om 12:30 en 7 Maart om 15:00 by die Hoërskool Lückhoff. Kaartjies kos R120 tot R140. Kalmer praat op 9 Maart om 17:00 in die Bibsaal oor sy dramateks Die Bram Fischer-wals.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.