Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
‘Kamphoer’ in Pretoria op die planke

Gautengers wat nie kunstefeeste kan bywoon nie, het die kans om die bekroonde eenvroustuk Kamphoer eersdaags in Pretoria te sien.

Dit word van 29 Februarie tot 1 Maart in die Atterburyteater opgevoer, waarna dit op die US Woordfees in Stellenbosch en die KKNK in Oudtshoorn op die planke sal wees.

Sandra Prinsloo in ‘Kamphoer’. Foto: Vrystaat Kunstefees

Dié produksie deur Theatrerocket het verlede jaar tydens die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein gedebuteer en het later die Blinker-prys as die beste Suid-Afrikaanse debuutwerk gewen.

Sandra Prinsloo vertolk in Kamphoer die rol van Susan Nell wat tydens die Anglo-Boereoorlog verkrag is. Dit is gegrond op Francois Smith se gelyknamige boek oor dié ware verhaal.

Nell is in die Winburg-konsentrasiekamp verkrag en vir dood agtergelaat. Jare later kom sy weer die mense teë wat haar hierdie leed aangedoen het.

Lara Foot is die regisseur. Dit is haar eerste regie van ’n Afrikaanse toneelstuk en die eerste keer dat sy en Prinsloo saamwerk.

Foot, wat al stukke soos Tshepang: The Third Testament oor ’n baba se verkragting die lig laat sien het, hou van teater wat ingewikkelde stories vertel.

Kamphoer
Kamphoer

Die roman Kamphoer het in 2014 by Tafelberg verskyn.

Cecilia du Toit het die verhoogverwerking gedoen.

Smith, wat nie by die verwerking betrokke was nie, het die openingsvertoning tydens die Vrystaat Kunstefees bygewoon en die produksie as ’n kunswerk beskryf.

* Vertonings in die Atterburyteater is op 29 Februarie om 20:00 en op 1 Maart om 11:00 en 16:00.

Kaartjies kos van R200 tot R220. Bespreek by iTickets.

Dit word van 6 tot 14 Maart op die Woordfees en van 25 tot 29 Maart op die KKNK opgevoer. Vertonings wissel. Bespreek by Computicket.

Meer oor:  Kknk  |  Vrystaat Kunstefees  |  Us Woordfees  |  Sandra Prinsloo  |  Atterburyteater  |  Kamphoer  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.