Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
‘Kersklanke’ met Carel Trichardt en Petru Wessels

Die behoud van storievertel lê die akteurspaar Petru Wessels en Carel Trichardt na aan die hart met hul 24ste produksie van Kersklanke wat die naweek in die Pierneef-teater in Pretoria aangebied word.

“Ons het wel almal tegnologie nodig,” sê Wessels, “maar steeks soms ’n kersie aan en lees ’n verhaal. Haal ’n boek uit. Dit moenie verlore raak nie.”

Petru Wessels en Carel Trichardt.

Trichardt en Wessels het Kersklanke, “wat die gees van Kersfees weerspieël”, in 1991 die eerste keer saam met die sanger Lucas Maree in die Masker-teater op die Universiteit van Pretoria (UP) se Hatfield-kampus aangebied.

“Ek vermoed die feestyd en die einde van die jaar het mense in die regte luim vir ’n konsert van hierdie aard,” sê Wessels.

Sedert 1991 is dit egter nie elke jaar aangebied nie.

Wessels en Trichardt vertel stories uit die boek Vrede op Aarde; Kersverhale saamgestel deur Linda Roode.

“Dit bestaan uit inheemse en onder meer Russiese verhale,” sê Wessels.

"Ons hou van verhale van skrywers soos Dana Snyman en Rachelle Greeff. Daar is ’n groot aantal stories deur die jare saamgestel. Ons pak dit uit op ’n groot tafel en kyk onder meer na watter stories ons lanklaas gedeel het."

Verhale deur Audrey Blignault, Charles Dickens en Rona Rupert is in die boek opgeneem.

“Al die emosies kom na vore met die lees of aanhoor van die verhale,” sê Wessels.

“Die verlange, die nostalgie, die heimwee. ’n Mens dink terug aan jou kindertyd se Kersfees. Ek dink die gewildheid lê in die stories en die eenvoud. Ons probeer dit nie opsmuk nie.”

Die konsert sluit ook verse in.

Behalwe Maree het Jaco Lötter voorheen die musiek verskaf, en Katrien Holm is die afgelope paar jaar die musikant wat saam met hulle optree. Holm speel verskeie instrumente, wat klavier en viool insluit.

Trichart en Wessels dink dikwels aan die konsert.

“Dit verlaat ons nooit nie,” sê Wessels.

“Wanneer Jopie (Koen van die Pierneef-teater) ons nooi, begin ons hieraan beplan. Ons lees baie. Ons hou van verhale van skrywers soos Dana Snyman en Rachelle Greeff. Daar is ’n groot aantal stories deur die jare saamgestel. Ons pak dit uit op ’n groot tafel en kyk onder meer na watter stories ons lanklaas gedeel het. Ons geniet hierdie produksies. Ons wil dit aanhou doen totdat ons nie meer kan nie.”

* Vertonings is eerskomende Vrydag en Saterdag om 19:00 en Sondag om 15:00. Kaartjies kos R110 tot R130. Bel 012 329 0709 of stuur ’n e-pos na info@pierneefteater.co.za om te bespreek.

Meer oor:  Pretoria  |  Kersfees  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.