Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Kersvader kry sy woema terug in Montecasino

’n Kersvader met ’n gedempte geesdrif oor die feestyd klink dalk vergesog, maar hy is gedaan in die splinternuwe Kersproduksie Santa Claus is Coming to Town.

En of jy nou in Gauteng tuisbly of hier kom aandoen, wil die spelers in VR Theatrical se nuutste produksie jou die gees van Kersfees laat ervaar met talle bekende Kersliedere.

Dit word tot 5 Januarie in die Pieter Toerienteater by Montecasino in Johannesburg opgevoer.

Tiaan Rautenbach

Al het Kersvader sy geesdrif verloor, stuur sy vrou hom op ’n reis om dit terug te kry, in dié opdragwerk uit die pen van Charon Williams-Ros, bekend om rolle in musiekspele soos Sweeney Todd: The Demon Barber of Fleet Street en Annie.

Tiaan Rautenbach, wat voorheen die rol van Mr. Scrooge in A Christmas Carol vertolk het, dra nou die stewels van Kersvader.

Charon Williams-Ros

Met musiekregie deur Wessel Odendaal sing ’n groep al dansende talle treffers soos “Santa Claus is Coming to Town”, “All I Want for Christmas Is You”, “Rockin’ Around the Christmas Tree”, “Do You Hear What I Hear?” en “We Wish You a Merry Christmas”.

Shelley Adriaanzen is die regisseur en Tandi Meikle die choreograaf.

* Vertonings is Woensdae tot Vrydae om 19:30, Saterdae om 16:00 en Sondae om 14:30 en 18:00. Op 16 Desember word dit om 15:00 aangebied. Kaartjies kos R90 tot R350. Bespreek by Computicket.

Meer oor:  Montecasino  |  Teater  |  Kersvader  |  Kersfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.