Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Khwezi se storie in musiekspel vertel
Napo Masheane

Die vrou wat oudpres. Jacob Zuma van verkragting beskuldig het se lewensverhaal word vertel in die musiekspel Khwezi . . . Say Her Name.

Volgens Napo Masheane, regisseur en skrywer, het sy in haar teks oor Fezekile Ntsukela Kuzwayo, wat in 2016 dood is, eerder op die menslike as die politiese gefokus.

“Ek het die storie van ’n vrou vertel om ’n wêreldwye waarheid te skets. Hoeveel vroue word nie deur iemand in ’n posisie van mag of ’n bekende verkrag nie? Khwezi is verteenwoordigend van soveel vroue van wie baie nog glad nie hul stories oor verkragting vertel het nie.”

Masheane het die musiekspel se teks gegrond op die omroeper Redi Tlhabi se boek Khwezi – The Remarkable Story of Fezekile Ntsukela Kuzwayo. Dit open op 25 Julie in die Arena in die Staatsteater in Pretoria.

Khwezi is die skuilnaam wat destyds gebruik is om haar identiteit te beskerm en Masheane het die hofsaak gevolg.

“Ek gebruik wel die hofsaak waarvan ons almal weet (Zuma se verhoor), maar ek wou dit steeds ’n menslike storie maak, want terwyl ons nou gesels, is daar ander Khwezi’s in dié wêreld. Ek wil hê mense moet aanklank by die produksie vind en dat hulle begrip sal hê.”

Masheane het gesukkel om die boek vir die verhoog te verwerk. “In die eerste plek is daar so baie inligting in Redi se boek. Dit sou ’n ure lange stuk gewees het as ek alles moes behou. Die stuk duur nou 90 minute. Tweedens is teater ’n swart boks waarin jy keuses moet uitoefen en daarom het ek besluit om visuele elemente soos dans en musiek ook in te bring. Ek beskou die produksie eerder as ’n drama met musiek.”

Masheane wil nie aanstoot gee met die produksie nie en verwys na die verkragting, maar dit word nie grafies uitgebeeld nie, maar eerder geïnterpreteer. Zuma figureer wel as een van die karakters. Gedurende die verhoor word die gehoor deel van die verrigtinge.

Masheane gebruik musiek (deur AZAH) omdat sang gepaardgaan met soveel aspekte van die lewe: protes, gedenkdienste en vierings. Luyanda Sidiya is die choreograaf.

“Daar is sekere beelde wat ek wil hê gehoorlede moet met hulle saamneem wanneer hulle die teater verlaat. Daar is beeldmateriaal van Khwezi, en ek wou reg laat geskied aan die herinnering aan haar.

“Dit is seker omstrede inhoud, maar ten opsigte van die produksie hang dit af van wat jou definisie van omstrede is. Dit is ’n kwessie van mense wat ’n misdaad gepleeg het wat daarvoor verantwoording moet doen.”

* Khwezi duur van Woensdag tot 12 Augustus. Kaartjies kos R110. Bespreek by Computicket.

Meer oor:  Redi Tlhabi  |  Oudpres. Jacob Zuma  |  Politiek  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.