Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Kinderproduksie uit studentepen open UV-toneeljaar

Elke jaar open die dramadepartement van die Universiteit van die Vrystaat (UV) sy toneeljaar met ’n kinderproduksie. 

Soms is dit ’n bekende verhaal, soos ’n sprokie, en partykeer het een van die studente dit geskryf. 

Amira van Biljon
Amira van Biljon (links) en Belita Saayman in Maya and the Naughty Star.

Vanjaar se openingsproduksie, Maya and the Naughty Star, kom uit die verbeelding van Annebelle Smit, wat saam met Rondo Mpiti ook die regie behartig. Volgens Smit is Maya ’n slim meisietjie wat gefassineer is deur die sterre en planete. 

Haar susters dink sy is vreemd, want watter kind stel in so iets belang. 

Dit laat Maya wonder of sy ooit êrens in die wye wêreld sal inpas. 

Terwyl sy nog daaroor sit en tob, daag die ster Lindu op om haar op ’n onvergeetlike avontuur te neem. 

Sy klim op Lindu se rug en hulle vlieg tot ver bo in die hemel.

Alles verloop egter nie volgens plan nie, want terwyl Maya en Lindu deur die ruimte sweef, probeer die skerpioen Spike om sy eie sterrestelsel te skep. 

Dit beteken groot gevaar vir Maya se sterrevriende wat haar laat besluit om van haar avontuur te vergeet en Lindu en die ander sterre in hul stryd teen Spike te help.

Die toneelstuk duur 40 minute en is in Engels.

  • 18 en 19 Maart om 10:00 en 12:00, 19 Maart om 11:00 en 18:00 en 21 Maart om 11:00 in die Scaena-Rep-teater op die Kovsiekampus. 
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.