Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
‘Kings & Queens of Comedy’ is Vrydag op die planke
Tracey-Lee Oliver

Vrouedag het ’n oorbodige begrip geword, sê die komediant Tracey-Lee Oliver, wat Vrydag op Vrouedag aan die Kings & Queens of Comedy: Women’s Day Edition gaan deelneem.

“Dit het natuurlik ’n waardevolle betekenis,” sê Oliver.

“Daar is al soveel vermag en vrouwees kom natuurlik, maar vroue is élke dag vroue. Dit moet eerder Vrouejaar as Vrouedag wees.”

Kings & Queens of Comedy: Women’s Day Edition word deur Blu Blood by Emperors Palace in Boksburg aan die Oos-Rand aangebied.

Die ander komediante is Angel Campey, Celeste Ntuli, Kate Pinchuck, Lindy Johnson, Nina Hastie, Thenjiwe Moseley.

Tumi Morake is die gasvrou en die gewilde komediant Marc Lottering lewer ook ’n spesiale optrede.

Kings & Queens of Comedy word al die afgelope sewe jaar aangebied. Dit is ’n gevestigde komedie-handelsmerk met van die voorste komediante wat daaraan deelneem.

“Jy hou die onderwerp in gedagte, maar ’n mens laat jouself vryheid toe op die verhoog,” sê Oliver wat ook ’n aktrise en sangeres is.

“Daar is nogal ’n ooreenkoms tussen toneelspel en skerpskerts. Jy is wel jouself met jou eienskappe en maniërismes, maar jy beeld tog ’n sekere persona en karakter uit. Jy maak ’n mengelmoes, ’n lekker bredie en jy hoop die gehoor sal die pad saam met jou stap.”

Tumi MorakeFoto: One Eyed Jack

Oliver het voorheen aan televisiewerklikheidsreekse soos The Voice, Project Fame en die Afrikaanse Idols-reeks deelgeneem. In Project Fame het sy die topvyf en in Idols die toptien gehaal.

Sy het in die fliek Blitz Patrollie saam met Joey Rasdien en David Kau verskyn.

Daarbenewens het sy in verhoogproduksies soos Dreamgirls, Motown en Knights of Music opgetree.

“Ek wil nie die drie kunsvorme wat ek beoefen van mekaar skei nie, maar ek vind komedie die moeilikste. Met sang ken jy jou lirieke. Met toneelspel het ’n mens ’n teks en jy leer die dialoog. En dis wonderlik om op die verhoog te wees, maar met komedie met jy deurgaans op jou voete dink. Jy is heeltyd in die oomblik besig om regstreeks met mense (sonder ’n vierde muur) te kommunikeer.”

* Die konsert begin om 20:00. Kaartjies kos R90 tot R590. Bespreek by Computicket. Dit het ’n ouderdomsbeperking van 16.

Meer oor:  Marc Lottering  |  Tumi Morake  |  Emperors Palace  |  Boksburg  |  Oos-Rand  |  Komedie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.