Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Klop gerus aan dié teaterdeur
Zander de Beer in Portret.

DEURnis – teater met een speler teenoor een gehoorlid, is terug. Nou by ander en meer deure as vantevore. Altesame 12 solostukke word tydens dié fees aangebied.

DEURnis, aangebied deur Theatrerocket, duur van Woensdag tot 26 Februarie in die Sense-dagspa in Centurion.

Verlede jaar is vier solostukke in ’n huis in Capital Park, Pretoria, opgevoer.

Rudi Sadler en Johan van der Merwe is aan die stuur van Theatrerocket en volgens Sadler het die eienaar van die spa die gebruik van die spa gratis aangebied.

“Sy het na ons vorige speelvak kom kyk en dit geniet en sy weet ons is op soek na lokale. En in die spa is baie vertrekke en daar is baie stilhouplek. Die temas van die stukke het niks met die spa te doen nie.”

Van der Merwe sê daar is nie vooraf besluit oor ’n samebindende tema nie.

Ben Pienaar in Koud.

“Ons het dit nie beplan nie, maar die deurlopende tema spreek verlies aan – almal het hiermee te doen. Daar is stukke waar daar net beweging is of waar musiek baie belangrik is of waar multimedia ’n groot rol speel. Daar is hierdie keer stukke wat lig ook is, waar van die vorige stukke baie donker was.”

Daar is ook stukke in Engels.

“Dit was ’n bewustelike besluit om Engels ook te gebruik en stukke waar taal glad nie eens belangrik is nie,” sê Van der Merwe.

Die lengte is enigiets tussen 15 en 25 minute, sê hy.

Van die nege nuwe stukke is agt die afgelope drie maande geskep, terwyl een van die stukke wel met die vorige speelvak al bestaan het, maar toe nie opgevoer is nie.

Melinda Brink in Broei.

Verskillende teksskrywers is by die projek betrokke.

Drie van die vier stukke wat verlede jaar opgevoer is, is nou weer op die planke: Koud, Nat en Bloos.

Die vierde se stuk se speler speel nou in een van DEURnis se ander stukke.

Van der Merwe sê hulle wil graag die projek na Johannesburg en Kaapstad neem en by ’n kunstefees laat opvoer. Wins is nie die hoofdoel nie, eerder die bevordering van teater en kuns.

Drie stukke per aand word opgevoer.

“Die betrokke drie vorm dan saam ’n combo,” sê Sadler. “Die groepering is vas en mense kan op die besprekingsblad gaan kyk watter drie loop saam.”

Daar is twee vertoontye (met drie stukke) per aand, een om 19:00 en een om 20:30.

Kaartjies kos R200 vir drie solostukke ná mekaar.

Besoek deurnis.yapsody.com of besoek facebook.com/DEURnis/ om te bespreek.

Die adres is Baardweg 189, Raslouw, Centurion, Pretoria.

Die ses stukke wat in week 1 en 3 (1 tot 5 Februarie en 15 tot 19 Februarie) opgevoer word, is:

* Wegkruipertjie

Met Jannes Erasmus

Regie en teks: Jannes Erasmus

* Nat

Met Stephanie Gericke

Teks: Henque Heymans

Regie: Aneshree Paul

* Portret

Met Zander de Beer

Teks en regie: Henque Heymans

* Koud

Met Ben Pienaar

Teks en regie: Henque Heymans

* Home

Met Aneshree Paul

Teks: Aneshree Paul

Regie: Stephanie Gericke

*Winkelpop

Met Tiaan Slabbert

Teks: Braam van der Vyver

Regie: Johan van der Merwe en Ben Pienaar

Die ses stukke wat in week 2 en 4 (8 tot 12 Februarie en 22 tot 26 Februarie) opgevoer word, is:

* Toets / Test

Met Roche van Blerk (Afrikaans) en Renos Spanoudes (Engels) – hulle wissel mekaar af

Teks: Johann Smith (Afrikaans) / Renos Spanoudes, gebasseer op die teks van Johann Smith (Engels)

Regie: Johann Smith (Afrikaans) / Renos Spanoudes (Engels)

* Broei

Met Melinda Brink / Juanita de Villiers Velts – hulle wissel mekaar af

Teks: Corné Joubert

Regie: Shareen Swart

* Stem

Met Adriaan de Clercq

Teks en regie: Johann Smith

* Thirst

Met Mdu Nhlapo

Teks en regie: Mdu Nhlapo

* Shame

Met Dewald van der Merwe

Teks: Dewald van der Merwe en Aneshree Paul

Regie: Carla Classen

* Bloos

Met Barend Myburg

Teks en regie: Johann Smith

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.