Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
‘Koekeloer’ gratis op YouTube

As jy nog nie die Afrikaanse klug Koekeloer! gesien het nie, kan jy dit tot 9 Augustus elke aand om 19:00 gratis op YouTube kyk.

Dit word deur die Staatsteater in Pretoria aangebied, waar dit vroeër op die planke sou wees voordat die staat van inperking aangekondig is.

Theatrerocket is die vervaardiger van dié klug uit die pen van Braam van der Vyver.

Ben Pienaar in “Koekeloer!” Foto: Mia Louw

Dit het verlede jaar op die Standard Bank Innibos Kunstefees in Mbombela gedebuteer, waarna dit elders opgevoer is.

Volgens Erick Ndlala, bemarker en woordvoerder van die Staatsteater, beplan die teater om nog Afrikaanse konserte te stroom, maar ná 9 Augustus sal teatergangers Koekeloer! net teen betaling kan kyk.

Koekeloer! speel af tydens die eindronde van die bak-program Koekedoor met die finaliste Marie en Marié wat meeding. Marie is ’n oujongnooi en is ongemaklik in haar lyf, terwyl Marié ’n lingerie-model is. En vir ds. De Groot is dit een te veel wanneer hy met sekere klein kledingstukkies te doen kry. Die vraag bly wie in die kompetisie met die louere gaan wegstap.

Die konsert is op Innibos verfilm.

• Die spelers is Gavin van den Berg, Ben Pienaar, Roché van Blerk, Émil Haarhoff, Juanita de Villiers Velts en Tiaan Slabbert.

• Dit word elke aand om 19:00 op YouTube uitgesaai.

Meer oor:  Staatsteater  |  Komedie  |  Youtube  |  Teater  |  Klug
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.