Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Kom groet die Grotman in jou sitkamer
Wynand van Vollenstee is aanlyn te sien in Groet die Grotman 2.

Wou jy nog altyd die Grotman in jou eie sitkamer ontmoet het? Nou kan jy!

Frans Swart, besturende direkteur van Lefra Produksies, sê hy is baie opgewonde dat Groet die Grotman 2 as een van Lefra se Kelderkonserte aangebied word.

“Ons teatermakers moes vinnig buite die kassie begin dink en ons was baie verbaas oor die goeie reaksie wat ons op ons Kelderkonserte ontvang,” sê Swart.

“Dit word elke Sondag om 17:00 regstreeks aanlyn en digitaal vir die hele familie aangebied en dis vir my so lekker dat gesinne saamkom en iets groots maak van die konsert.”

Wynand van Vollenstee is te sien in die rol van Grotman 2 en Frans Swart het die teks geskryf en hanteer ook die regie.

“In Groet die Grotman 2 word die verskille tussen mans en vroue op komiese wyse uitgebeeld.

“Vroue is steeds die gaarders (veral van nuttelose inligting) en mans steeds die jagters (van ’n bok tot ’n televisieprogram). Mans en vroue lag vir mekaar in Groet die Grotman 2 en dis juis wat die produksie so gewild en sterk maak,” sê Swart.

Bespreek by itickets.co.za of by lefra.com.

Daar is ook ’n seisoenkaartjie vir al agt Lefra Kelderkonserte beskikbaar waar jy afslag van R160 sal kry indien jy vir die pakket bespreek.

  • Tien lesers kan elkeen ’n Groet die Grotman 2-kaartjie wen om die produksie aanlyn te kyk. SMS Lefra Grotman Beeld met jou naam en van na 33000. Elke SMS kos R1,50. Jy kan ook ’n e-posboodskap stuur met jou naam en van na wen@lefra.com. Wenners sal telefonies gekontak word.
Meer oor:  Frans Swart  |  Groet Die Grotman  |  Kelderkonserte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.