Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Komediante, kulkunstenaars span saam vir bietjie ‘magic’

Die grapjasse Alan Committie, Kurt Schoonraad en Rob van Vuuren gaan met hul talent om die lagspiere te kielie ’n bietjie “magic” vir ’n goeie doel maak.

Kurt Schoonraad Foto: Verskaf

Die drietal gaan saam met die vermaakkunstenaar Stuart Taylor, die kulkunstenaar Mawonga Gayiya en die komediant-kulkunstenaar Charles Tertiens saamspan om die vertoning Stars of Comedy and Magic aanlyn aan te bied. Die vertoning, wat regstreeks vanaf die College of Magic in Kaapstad gestroom sal word, gaan ook van die kollege se uithalerstudente insluit.

Al die sterre op die program gaan saam probeer om geld vir die kollege se gemeenskapsprogram, Magic in the Community, in te samel.

Taylor, ’n direksielid en alumnus van die kollege, sê in ’n mediaverklaring die Covid-19-pandemie “is rof” en dat hy nie aan ’n beter manier kan dink om gehore op te beur as met ’n komedie-en-kulkunsvertoning nie.

“Die beste deel is dat jy die vertoning in jou eie huis kan geniet terwyl jy ’n wonderlike inisiatief steun: die Magic in the Community-gemeenskapsprogram.

“Hierdie waardige projek gee hoop aan kinders wat andersins min of geen kans op sukses het nie; die projek leer hulle vermaak- en noodsaaklike lewensvaardighede.”

Die aanlyn vertoning vind Saterdag van 20:00 tot 21:00 plaas en dit sal nié daarna nog aanlyn beskikbaar wees nie. ’n Kaartjie kos R100 en kan by www.quicket.co.za bespreek word. Besoek www.collegeofmagic.com of skakel 021 683 5480 vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.