Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Konsert ten bate van Elize Cawood uitgestel

Die konsert wat Afrikaans is Groot aanbied om die aktrise Elize Cawood by te staan nadat kanker verlede jaar by haar gediagnoseer is, is tot 3 Junie uitgestel.

Dit word nog steeds in die Rockwoodteater in Pretoria aangebied en kaartjiepryse bly dieselfde. Geen konsertganger wat reeds bespreek het, sal hul geld verloor nie.

Barry Pretorius, vervaardiger en regisseur van Afrikaans is Groot, het in Februarie die sangers op hul WhatsApp-groep gevra wie beskikbaar is om in die konsert op te tree.

“Die konsert is om haar by te staan met haar mediese koste,” sê Pretorius.

“Ook om haar van dag tot dag by te staan. En nou met die virus . . . jy weet, dit tref kunstenaars swaar. As jy nie werk nie, verdien jy nie geld nie.”

Cawood en haar man, die akteur Wilson Dunster, het verlede jaar op Afrikaans is Groot ’n klein drama opgevoer. Sy het egter swak geword en kon net in twee van die nege konserte optree.

“Dit is die laaste keer dat sy gewerk het.”

Elize Cawood

Sy was tot onlangs in die kykNET-sepie Binnelanders te sien, waarvan die episodes verlede jaar verfilm is.

Kunstenaars soos Bobby van Jaarsveld, Refentse, Dewald Wasserfall, Demi Lee Moore, Corlea en Monique tree in die konsert op. Die akteurs Lieb Bester en Christel van den Bergh tree ook op.

Cawood het vantevore saam met Van Jaarsveld en Bester onderskeidelik in die rolprent Liefling! en die destydse kykNET-sepie Villa Rosa gewerk.

Die konsert bestaan 80% uit musiek.

“Dit is maar die universele taal,” sê Pretorius.

Cawood sal ook die aand van die konsert teenwoordig wees.

“Ek het haar as klein seuntjie in die dramareeks Wolwedans in die skemer gesien,” sê Pretorius.

“My ma het voor daardie reeks altyd van Elize in (die dramareeks) Verspeelde lente gepraat.”

Cawood is op die Fiësta-teatertoekenningsaand in Februarie met ’n eerbewys vir haar lewenswerk vereer.

“Dit was in dieselfde week wat ons besluit het om die konsert vir haar te hou. Sy is ’n national treasure.”

Cawood is diep geraak deur soveel omgee.

"Die mense daarbuite se liefde en goodwill is net ongelooflik. Ek is diep geroer en dankbaar."

Kaartjies kos R350. Besoek rockwoodtheatre.co.za om te bespreek.

Meer oor:  Afrikaans Is Groot  |  Barry Pretorius  |  Pretoria  |  Teater  |  Aktrise
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.