Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
‘Koöperasiestories’ kom na die verhoog

Die verhoogproduksie van P.G. du Plessis se geliefde Koöperasiestories gaan binnekort op die verhoog te sien wees. Dit open op die US Woordfees waarna speelvakke by die KKNK, die Bellville-burgersentrum en Atterbury-teater (Pretoria) volg.

Die verantwoordelikheid om die beswaarde Genis te vertolk, rus op die skouers van Carel Nel.

Genis is steeds beswaard, Mietie skinder ’n hond uit ’n bos en Veldsman betrag alles met ’n skeut sinisme. Dis in dieselfde trant as die destydse televisiereeks, maar mense moenie die televisiereeks verwag nie, sê Alexa Strachan wat die verwerker is en medevervaardiger saam met Margit Meyer-Rödenbeck.

“Mense moet onthou dis nie die televisiereeks wat ons oorskiet nie. Dis teater. Die oerbron van die teks is P.G. du Plessis se essays wat later as bundel uitgegee is.

“Dit was ’n groot uitdaging. Die reeks

was volksbesit en ’n mens het amper gevoel jy is besig met heiligskennis. Die nostalgie van alles gaan mense trek en hulle gaan dalk kritiseer. Ek glo dit gaan ’n jonger generasie wat nie die reeks gesien het nie aan P.G. se werk bekend stel.

Chris van Niekerk gaan die rol van Veldsman in die teaterproduksie Koöperasiestories vertolk.

“P.G. klink maklik, maar as jy sy woorde verkeerd hanteer, dan werk dit eenvoudig nie. Daarom was dit belangrik om die regte regisseur te kry. Sandra Prinsloo ken sy styl en verstaan sy werk en sy is die volmaakte keuse.”

Marion Holm vertolk die rol van Mietie.

Die akteurs in die stuk is Marion Holm as Mietie, Chris van Niekerk as Veldsman, Carel Nel as Genis en Margit Meyer-Rödenbeck en De Klerk Oelofse in ’n verskeidenheid rolle.

Oelofse meen Du Plessis se werk is tydloos.

“Elke storie speel op die een of ander vlak in op die sewe doodsondes van die mens en dit verseker dat enigiemand daarmee kan vereenselwig – oud en jonk. Jy lag vir die mensdom, maar eintlik ook vir jouself,” sê hy in ’n mediaverklaring.

Du Plessis se bekende verhale speel op ’n klein dorpie af. Dit is wel in ’n vorige era, maar soos tipies aan al sy werk, is die karakters en hul probleme tydloos, sê Strachan. Die gehoor herken hulself in die skynheiligheid, geskinder en onderlinge twis van die karakters, maar daar is altyd onderliggende deernis.

“Ons is baie bevoorreg dat P.G. vir ons sy werk gegee het en ons daarmee vertrou,” sê Strachan.

Die speelvak van Koöperasiestories op die Woordfees is op 4, 7, 8 en 10 Maart in die saal van die Hoërskool Stellenbosch. By die KKNK word dit van 8 tot 15 April in die Hoërskool Oudtshoorn se saal opgevoer. Bespreek by Computicket.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.