Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Kramer, Petersen se musiekspel herleef in Kaapstad

Met ’n nuwe hoofkarakter én naam herleef David Kramer en Taliep Petersen se musiekspel oor ’n gemeenskap in opstand teen dwelms later vanjaar in Kaapstad.

Danger in the dark, wat in die 1990’s as Poison gedebuteer het, is van 11 Oktober tot 2 November in Baxter-teater op die planke.

Danger in the Dark
David Kramer Foto: Jesse Kramer

“Ek is baie dankbaar dat ek nou die geleentheid het om die storie beter te vertel,” sê Kramer.

Lara Foot, direkteur en uitvoerende hoof van die Baxter-teatersentrum, het hom genader om Poison weer op te voer.

“Ek het daaroor gedink en vir haar gesê ek is nie heeltemal gelukkig met die oorspronklike storie nie, want die klem is veral op die karakter Poison wat ’n dwelmhandelaar is. Hy is ’n anti-held, hy is ’n lelike mens,” sê Kramer.

Kramer en Petersen het dit in 1990 geskryf.

“Ek was nie baie gelukkig met ons resultaat nie, toe het ons dit in 1993 tot ’n musiekspel verwerk en dit is die een wat sukses behaal het.”

Die karakter Poison is in ’n mate op die karakter Iago in William Shakespeare se drama Othello gegrond.

In Danger in the Dark word die storie uit die oogpunt van Pamela, ’n maatskaplike werker, vertel.

Taliep Petersen

“Ek verwag dat baie jong mense, soos skoolgroepe en so aan dit gaan kom kyk en ek wil ’n beter storie aan hulle vertel.”

Pamela kom in opstand teen die dwelmhandelaars en mobiliseer die gemeenskap om die strate in te vaar.

“Mense het dit in die 1990’s gedoen, maar nou gebeur dit weer,” sê Kramer.

Pamela het ook ’n vriendin, Juanita, wat in ’n ongelukkige verhouding is met ’n dwelmhandelaar, wat sy wil red.

Die meeste van Petersen se liedjies is steeds in die musiekspel.

Die karakter Poison is nog daar, maar hy is meer in die agtergrond.

“Dit is ’n donker onderwerp maar ’n baie belangrike onderwerp,” sê Kramer.

“Dit is verskriklik wat in plakkerskampe gebeur. Die afgelope naweek is 47 mense vermoor. 47 in een naweek. Ek wil ook klem lê op die kinders wat in die spervuur beland. Een van die karakters, Mrs. Joseph, se kind is in ’n rolstoel. ’n Koeël het haar getref toe bendes op mekaar geskiet het, en nou is sy gestremd. Dis die werklikheid van wat nou gebeur.”

* Die rolverdeling sluit in Alexis Peterson (Pamela), Rushney Ferguson (Juanita), Elton Landrew (Poison), Eldon van der Merwe (Chicco), Tashreeq de Villiers (Lucky), Edith Plaatjies (Mrs Joseph), Dobs Madotyeni (Michael) en Chad Baai (Shawn).

* Vertonings is van 11 Oktober tot 2 November in die Baxter-teater. Kaartjies kos R110 tot R120. Bespreek by Webtickets.

Meer oor:  Taliep Petersen  |  David Kramer  |  Baxter-Teater  |  Kaapstad  |  Dwelms  |  Musiek  |  Gemeenskap  |  Teater  |  Danger In The Dark  |  Musiekspel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.