Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Kunstefees ‘reis’ weer 969 km na Joburg

Indien jy nie vanjaar die Nasionale Kunstefees in Makhanda kon bywoon nie, het jy die kans om op die 969-fees in Johannesburg sommige van die produksies by te woon wat in die Oos-Kaap op die planke was. Die 969 verwys dan juis ook na die 969 km tussen Johannesburg en Makhanda.

Die fees wat van Donderdag tot 28 Julie by Wits duur, sluit ’n debuut-skerpskertsvertoning met regie deur die bekende komediant Rob van Vuuren in, die jeug en hul kennis oor menseregte, komedies poppespelvertonings en sketse wat uit nuusgebeure spruit.

Matshidiso Mokoteli in Fruit.Foto: Mark Wessels

“In die verlede is die produksies met die hand uitgesoek, maar ons het verlede jaar ’n nuwe strategie geïmplementeer waar kunstenaars die geleentheid kry om self aansoek te doen,” sê Lerato Sekele, woordvoerder van die fees en ’n senior administratiewe assistent by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits).

“Daar is kunstenaars wat nie daarin belangstel om op die fees op te tree nie en logistieke uitdagings bepaal ook wat opgevoer kan word. Ons wil kunstenaars ’n regverdige kans gee. Daarom het ons diegene genader wat aansoek gedoen het. Wanneer ’n produksie bevestig is, begin ons inligting insamel ten opsigte van hul benodigdhede. Dit is ook veral opwindend dat talle oud-Wits-studente vanjaar by die fees optree.”

Die fees word in drie lokale aangebied: die Wits-teater, die amfiteater en die Downstairs-teater.

Enkele hoogtepunte sluit in:

  • Die skerpskertsvertoning Artificially Infeminated met Claudine Ullman en regie deur Van Vuuren, verken die ingewikkeldheid daarvan om vroulik, bleekwit, oorgewig, Joods en die middelkind in Johannesburg te wees. Dit word Saterdag om 20:00 in die Downstairs-teater opgevoer.
  • In die solostuk Fruit deur Paul Noko, ook die regisseur, word die lot van ’n jong meisie in Matlakala uitgebeeld wat onder misdaad en armoede gebuk gaan. Matshidiso Mokoteli is die speler. Dit word Donderdag om 21:00, Saterdag om 18:00 en op 28 Julie om 16:30 in die Downstairsteater opgevoer.
  • Joël Leonard Does Scenes From Hamlet bestaan uit sketse oor stories wat oor die afgelope vyf jaar die nuus gehaal het. Dit sluit in Vicky Momberg, die eerste vrou wat vir rassisme tronkstraf opgelê is, Oscar Pistorius se verhaal en #FeesMustFall. Harry Adu Faulkner is Joël Leonard se regisseur. Dit word Vrydag om 19:45, Sondag om 17:00 en 25 Julie om 21:00 in die amfiteater opgevoer.
Currently (G)Old word op die 969-fees opgevoer.Foto: Mark Wessels
  • Currently (G)Old vra die vraag of die Suid-Afrikaanse jeug van hul menseregte bewus is. Verdere vrae is of hulle weet hoe om dit uit te oefen en of dit vir almal toeganklik is. Die teks, wat ook by tye van satire gebruik maak, is ’n spanpoging deur die akteurs Sibahle Mangena, Thuli Nduvane, Molatelo Tracy Maffa en Vusi Nkwenkwezi wat ook in die produksie optree. Dit speel af teen Suid-Afrika se huidige sosiopolitieke klimaat. Dit word Vrydag om 18:00, Saterdag om 16:00 en Sondag om 15:00 in die amfiteater opgevoer.

Besoek wits.ac.za/witstheatre/ vir die volledige program en bespreek by Webtickets.

Meer oor:  Makhanda  |  Teater  |  Wits
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.