Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
KYK: Dame Maggie Smith maak blaps op verhoog

Die gevierde aktrise dame Maggie Smith het verskoning gevra nadat sy in ’n toespraak op die 65ste Evening Standard-teatertoekenningsaand in Londen per ongeluk verwys het na “Downton Park” terwyl sy die TV-reeks Downton Abbey bedoel het.

Smith het dié blaps gemaak kort nadat sy die prys as beste aktrise ontvang het. Dit was vir haar rol as Brunhilde Pomsel – eens sekretaresse en snelskrifskrywer van Joseph Goebbels, propagandaminister in Nazi-Duitsland – in die teaterstuk A German Life.

Dié stuk debuteer ook in Julie volgende jaar in die Fugard-teater in Kaapstad met Antoinette Kellermann in die hoofrol.

Smith, wat op 28 Desember 85 jaar oud word, het in haar toespraak gesê die dramaturg Christopher Hampton se teks was makliker om te leer as die rol waarvoor sy wêreldwyd bekend is, dié van lady Violet Crawley in Downton Abbey.

“Christopher Hampton, wat ’n ongelooflike skrywer … Ek het werklik nog nooit só ’n teks teëgekom nie. Dit was makliker om te leer as Downton ParkAbbey! Wat is dit?” het Smith aan ’n laggende gehoor gevra en haar hand oor haar mond gesit. “Ek vergeet deesdae baie dinge, so vergewe my.”

Maggie Smith in 1962 op die Evening Standard-teatertoekenningsaand toe sy haar eerste van ses beeldjies vir beste aktrise gewen het. Foto: Getty Images
Smith as lady Violet Crawley in Downton Abbey.Foto: The Independent / ITV

Smith het waarskynlik in die oomblik aan die 2001-rolprent Gosford Park gedink, waarvoor sy onder meer vir ’n Oscar as beste aktrise in ’n ondersteunende rol benoem is. Dié rolprent en Downton Abbey is albei deur die Brit Julian Fellowes geskryf.

Volgens The Guardian was dit die sesde keer dat hierdie veteraan-aktrise die prys as beste aktrise op die Evening Standard-teatertoekennings gewen het. Sy het dit in 1962 (vir The Private Ear en The Public Eye), 1970 (Hedda Gabler), 1981 (Virginia), 1984 (The Way of the World) en 1994 (Three Tall Women) verower.

Sy het ook in 2013 op dieselfde toekenningsgeleentheid die Theatre Icon-prys vir haar lewenswerk ontvang.

Hier is die volledige lys van vanjaar se wenners:

Beste akteur – Andrew Scott (Present Laughter)

Beste aktrise – Maggie Smith (A German Life)

Beste toneelstukSweat deur Lynn Nottage

Beste regisseur – Robert Icke (The Doctor & The Wild Duck)

Beste musiekspelEvita (in die Regent’s Park-opelugteater)

Beste opvoering in ’n musiekspel – Anne-Marie Duff (Sweet Charity)

Beste ontwerp – Bunny Christie (A Midsummer Night’s Dream)

Mees belowende dramaturg – Jasmine Lee-Jones (Seven Methods of Killing Kylie Jenner)

Opkomende talent: Laurie Kynaston (The Son)

Redakteursprys – Sir Ian McKellen (On Stage)

Lebedev-prys – Peter Brook (vir sy bydrae tot teater)

Meer oor:  Maggie Smith  |  Downton Abbey  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.