Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Kyk hier na die akteur se ander kant
Pierre van Pletzen vertolk sy eerste solostuk in Voël innie hand.Foto: Edzard Meyberg

Pierre van Pletzen is op 11 Februarie weer in Pretoria met sy eenmanklug, Voël innie hand, in die Atterburyteater.

Dié eerste solostuk waarin Van Pletzen in sy loopbaan optree, het verlede jaar sy debuut in die Pierneefteater in Pretoria gemaak waarna verskeie optredes in die Wes-Kaap gevolg het.

Die karakter in dié eenmanklug is ’n bedrewe ou akteur. Hy begin eers alleen in die eerste toneel optree. Wanneer die ander spelers moet verskyn, gebeur daar niks. Teen hierdie tyd is hy egter goed op dreef en hy besluit om op sy eie aan te gaan.

Aanvanklik hanteer hy die situasie goed, maar dan begin dinge uitrafel.

Alles verloop nie vlot nie, want hy dra nie van alles kennis nie. Hy ken wel drank.

Hy gee ook uiting aan allerhande frustrasies en het onder meer ’n probleem met die swak regisseur en swak skrywer.

Van Pletzen probeer hiermee iets van akteurwees oordra.

Hy sê hy kan nie onthou dat hy al voorheen ’n akteur vertolk het nie. Hy het wel al talle solostukke se regie behartig en in toneelstukke met slegs twee spelers opgetree.

Die konsert begin om 20:00 en kaartjies kos R140 tot R160. Bespreek by Computicket.

Die volgende vertonings van Voël innie hand ná die vertonings in die Atterburyteater is van 8 tot 15 April op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.