Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Kyk hier wat gebeur ná ‘lank en gelukkig’

Into the Woods

****

Met Jessica Sole en Kate Normington. Regisseur: Steven Stead.

Hierdie pragproduksie, so beweeglik, komkommerkoel en glad, kombineer ’n groep sprokieskarakters treffend, maar wys ook, veral in die tweede helfte, wat gebeur nadat hulle “lank en gelukkig saam geleef het”.

Wat gebeur wanneer ’n bakker se vrou nie kan kinders hê nie, en ’n wrede heks (Kate Normington is ’n fees!) voorwaardes stel om die vloek te verbreek? Dit word ’n rasende, uitbundige, maar ook donker fantasie waarin ’n groep karakters se paaie onverwags kruis en hulle lewenslesse leer wat hulle nooit sal vergeet nie.

Goeie ouerskap, ware liefde, ’n pierewaaier-geparfumeerde prins wat leer om sy verwaandheid in sy sak te steek en mens te word vir sy Aspoestertjie, en ’n heks wat haar eie vloek afskud, vorm deel van ’n storie wat jou meevoer.

Alle eer gaan aan ’n sprankelende rolverdeling wat foutlose spel lewer. Veral Normington, Jessica Sole as die bakker se vrou, en Zak Hendrikz as Aspoestertjie se prins met die Boheemse houding. Hulle flikker die produksie nog verder op, nes ’n Kersboom.

Stephen Sondheim se musiek vertel die storie oortuigend, maar dit is die flink choreografie, waar die dansers en spelers op Greg King se puik gestapelde dekor hul bewegings moet ken, wat aandag trek.

Hoewel ’n klein bietjie te lank in die tweede helfte, vind ’n mens subteks in die bekende sprokies en beskou die karakters uit ’n nuwe oogpunt.

Steven Stead se regie is sprankelend en vol verbeelding wanneer hy eeue oue karakters uit nuwe hoeke belig.

Sterk aanbeveel.

  • By die Pieter Toerien-teater, Montecasino, tot 21 April 2019.
Meer oor:  Montecasino  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.