Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
KYK: Kafka se gogga laat kyker oor stekelrige temas besin

Die mense se innerlike en fisieke word teen mekaar opgeweeg in die verhoogproduksie van Franz Kafka se novelle Metamorphosis oor ’n verkoopsman wat op ’n oggend as ’n reuse-insek wakker word.

Metamorphosis word einde vandeesmaand in Makhanda en in Julie in die UJ-teater opgevoer.Foto: Jan Potgieter

Dit word op die Nasionale Kunstefees in Makhanda (Grahamstad) einde vandeesmaand en van 11 tot 20 Julie in die UJ-teater opgvoer.

Die UJ-produksie is verlede jaar ook in Johannesburg opgevoer waar gehore genooi is om agterna skriftelik kommentaar te lewer. Dit is gedoen sodat die produksiespan verbeteringe kan aanbring.

Steven Berkoff het die verhoogverwerking gedoen van Kafka se novelle (in die oorspronklike Duits Die Verwandlung) uit 1915 wat uit drie hoofstukke bestaan.

Alby Michaels is die regisseur van die stuk wat aan die “absurde van die alledaagse” gestalte gee.

William Harding vertolk die rol van Gregor Samsa, ’n verkoopsman wat saam met sy suster en ouers woon en een oggend as ’n reusagtige insek opstaan. Wanneer hy hom in hierdie penarie bevind, begin hy dink oor hoe somber sy werk kan wees en oor die feit dat hy laat is vir sy trein. Boonop aanvaar sy baas nooit enige verskonings of verduidelikings van sy werknemers nie.

Sy pa word gedwing om weer te begin werk en finansieel vir die gesin te sorg. Gregor se gesin het ’n weersin in hom, veral omdat hy nie meer vir hulle geld kan verdien nie. Gregor wil later niemand in sy kamer toelaat nie.

Met ’n eenvoudige en abstrakte stel wat hoofsaaklik rondom ’n reusagtige stoel draai, laat die ontwerp baie aan die verbeelding oor.

Die ander spelers is Ameera Patel, Khutjo Green en Craig Morris wat met baie fisieke beweging ’n storie van skuldgevoel, finansiële druk en grense aan simpatie vertel.

* Vertonings by die kunstefees is op 27 Junie om 12:00, 28 Junie om 14:00 en 21:00, 29 Junie om 19:00 en op 30 Junie om 14:00. Besoek nationalartsfestival.co.za om te bespreek.

* Vertonings in die UJ-galery duur van 11 tot 20 Julie. Besoek arts.uj.ac.za om te bespreek.

Meer oor:  Makhanda  |  Teater  |  Nasionale Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.